Blog

Plaasaanval op ons drumpel

Plaasaanval op ons drumpel

Gans-Berg Nuus / News

Plaasaanval op ons drumpel

Plaasaanvalle 'elders', waarby moord dikwels ingesluit is, is bykans daagliks oor die nuus - die plaasaanval naby Stanford op Woensdag, 19 Februarie 2025 het nou sommer op ons drumpel plaasgevind.

“Die ondersoek is tans in 'n baie sensitiewe stadium en sekere inligting, soos name en die voertuig wat moontlik betrokke was, kan nie bekendgemaak word nie,” het Adjudant Offisier Booysen, Kommunikasiebeampte van Stanford SAPD, die Gans-Berg Nuus tydens 'n onderhoud meegedeel. “'n Soortgelyke voertuig, soos die een waarna op sosiale media na verwys is, is later voorgekeer, maar dit was nie die aanvallers se voertuig nie.”
Inligting wat wel beskikbaar is, is dat die gesin uithuisig was. Met hulle terugkeer was hulle bekommerd oor die hekke wat oopgestaan het, wat normaalweg toe is. Geen onraad is egter vermoed nie en die egpaar en hul seun is later kamer toe om te gaan slaap. Twee mans, waarvan een gewapen was, het die kamer binnegekom. Die egpaar het, na verneem word, teruggeveg, maar is oorrompel toe nog drie mans ingekom het en die oormag was te veel. Die vermoede bestaan dat die 5 mans deur die badkamervenster geklim het.

Die aanvallers het kontant en vuurwapens by die vrou (63) geëis, wat hulle meegedeel het dat daar net sowat R800 was en dat hulle nie vuurwapens besit nie. Sy is met 'cable ties' vasgebind en in die gesig en op haar bors geslaan. Haar man (66) is meer ernstig aangerand. Hulle het hom met 'n elektriese koord probeer verwurg en met 'n stoel oor die kop geslaan, met ernstige beserings tot gevolg. Die egpaar se seun is ook ernstig aangerand en is met 'n houtvoorwerp op sy kop geslaan. Al drie is per ambulans na Hermanus MediClinic geneem, maar is intussen ontslaan.
Die aanvallers het die R800 en 3 skootrekenaars geneem, asook die egpaar se kluis, met sowat R10 000 daarin, en met 'n onbekende voertuig op die vlug geslaan. Adj.Off. Booysen sê 2 van die skootrekenaars is later 'n paar meter van die toneel af gekry.

Die ondersoekbeampte is Konstabel Kolusie en die gemeenskap word versoek om hom met enige inligting by 028 341 0601 te skakel. Die ondersoek duur voort.

Hardus Botha

Plaasaanval op ons drumpel

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Tide Books Now Available in Gansbaai and Surrounds!

Tide Books Now Available in Gansbaai and Surr...

Planning a fishing trip or just want to keep up with the tides? 

Gans-Berg News | 25 April 2025 Edition - Now Online!

Gans-Berg News | 25 April 2025 Edition - Now ...

Here’s what you’ll find in this week’s edition!

Heartbeats of the Overberg: Community, Change & Celebration in Gansbaai

Heartbeats of the Overberg: Community, Change...

Check out the latest edition of the Gans-Berg Nuus / News.

Gans-Berg Newspaper - 11 April 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 11 April 2025 Edition

Read the full newspaper - 11 April 2025.

Easter Fun for Little Ones!

Easter Fun for Little Ones!

It’s the Gans-Berg News Easter Bunny, hopping in to tell you that we’ve put together a fun little activity booklet.

First Tides Booklet Released in April 2025!

First Tides Booklet Released in April 2025!

Gans-Berg News is excited to announce the release of the very first Tides Booklet this Easter weekend!