Uitgebreide Pediatriese Eenheid en Nuwe Neonatale ICU

Uitgebreide Pediatriese Eenheid en Nuwe Neonatale ICU

Gans-Berg Nuus / News

Uitgebreide Pediatriese Eenheid en Nuwe Neonatale ICU

-Mediclinic Hermanus-

Mediclinic Hermanus is slaggereed om binnekort sy deure vir ‘n opgegradeerde, uitgebreide en familie-vriendelike Pediatriese Eenheid te open. Dit geld ook vir ‘n nuwe Neonatale Intensiewe Sorgeenheid (NICU). “Die langverwagte projek was in reaksie op die groeiende vraag na vernuwende mediese-sorg deur die Overberg-gemeenskap, wat self die afgelope jare geweldige groei ondervind het,” het Gerhard Joubert, Algemene Bestuurder tydens ‘n media-besoek aan Mediclinic Hermanus gesê. 

Gans-Berg Nuus is vriendelik op Donderdag, 30 Junie 2022 vir ‘n media-toer deur die Pediatriese Eenheid ontvang. Gerhard is deur Cobé Grobler, Pasiënt Ervaringsbestuurder, bygestaan, wat ook die reëlings vir die media-besoek getref het. Tydens die geniet van verversings en koffie/tee in ‘n baie netjies ontvangsvertrek, is die joernaliste volledig deur Gerhard en Cobé ingelig. Die kindervriendelike geverfde mure skep ‘n rustige en ‘welkom’-atmosfeer wat mens sommer dadelik tuis laat voel. Na ‘n kort inligtingsessie, het ‘n insiggewende toer deur die eenheid gevolg. 

Die opening van die NICU bied die versekering aan ouers dat, indien enigiets onverwags tydens die baba se geboorte sou plaasvind, soos ‘n onder andere ‘n vroeë aankoms, behoorlike mediese-sorg direk binne bereik is. Dit verseker ook die plaaslike gemeenskap van vinnige, doeltreffende en maklike toegang tot wêreldklasversorging vir kwesbare pasgebore babas, asook vir ouer kinders met gewone kinderinfeksies.

“Babas is ‘n kosbare geskenk aan ouers, daarom wil ons deel vorm van hierdie spesiale en unieke ervaring,” het dr Madelein Grobbelaar, Pediater by Mediclinic Hermanus, gesê. “Ons wil ook ons verwagtende moeders en die pappas verseker dat die NICU deeglik toegerus is vir enige mediese noodgevalle en spesialissorg.”

Die kindervriendelike omgewing word ondersteun deur ervare en vriendelike chirurge en verpleegpersoneel. Sodoende kan pasiënte professioneel op ‘n pad na herstel geplaas word, met die doel om hulle so gou moontlik na hul onderskeie huise te laat terugkeer. “As gevolg van kinders se dikwels swakker en sensitiewe immuunstelsels, kan hulle ‘n risiko loop vir eenvoudige dinge soos uiterste koors of selfs dehidrasie. “Nou kan ons die ouers akkommodeer wat by hul kinders wil oornag, aangesien ons glo dat siek kinders die ouers se ondersteuning benodig om die trauma van hospitalisasie te verminder,” het dr Elna Gibson, nog ‘n Pediater by Mediclinic Hermanus, verduidelik. ‘n Gemakstoel, wat in geheel platgevou kan word, dien as ‘n enkelbed vir ‘n ouer wat wil oornag. Cobé het gemeld dat beddegoed in sodangie gevalle verskaf sal word.

“Ons Noodsentrum is in staat om die gemeenskap 24/7 met enige mediese noodgeval by te staan,” het Cobé gesê. Vir navrae kan Cobé Grobler by 028 313 0168 gekontak word, of stuur ‘n epos aan haar by cobe.grobler@mediclinic.co.za.

Image 1
Cobé Grobler en Gerhard Joubert.
Image 2
Die familie- en kindervriendelike ontvangslokaal.
Image 1
Moderne en professionele versorgingskamer.
Image 2
Baba-kamer.
Image 1
‘n Gemakstoel wat in ‘n bed omskep kan word.
Image 2
Image 1
Kinderkamer.
Image 2
 
Hardus Botha
 
Uitgebreide Pediatriese Eenheid en Nuwe Neonatale ICU

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg News - 30 April 2026

Gans-Berg News - 30 April 2026

The latest edition of Gans-Berg Nuus highlights key local stories, community milestones, and upcoming events in the Overberg. 

Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out No...

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Check out our easter newspaper here.

Gans-Berg News - 10 April 2026 Edition

Gans-Berg News - 10 April 2026 Edition

Here’s a quick roundup of this week’s highlights!