Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 7)
In Deel 7 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.
Tristan Roberts doen dit weer!
Tristan Roberts, ‘n inwoner van Onrus, het behoorlik geskiedenis in die wêreld van lyfplankryers (bodyboarding) gemaak. Tristan is die eerste in sportgeskiedenis wat twee kampioentitels ingepalm het: in die Junior Wêreld Kampioenskappe (2014) en in die Mans Wêreld Kampioenskappe (2022).
Op 24 Oktober 2022 het hy aan die wêreldkampioenskappe in Gran Canaria, hoofstad van die Kanariese Eilande, aan die IBC Bodyboarding Men’s World Championships deelgeneem - en as kampioen geëindig. Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame dr Annelie Rabie het Tristan bedank dat hy daarin geslaag het om die IBC Bodyboarding Men’s World Championships na die Overstrand te bring. “Dit was bemoedigend om die internasionale deelnemers hier te kon ontvang en ek vertrou dit was ‘n aansporing vir hulle om weer te kom,” het sy gesê.
Onrus Strand het vanaf 18-28 Augustus 2022 geskiedenis gemaak om die eerste in Afrika te wees wat as gasheer vir die IBC Bodyboarding World Tour op te tree - nog meer, die organiseerders vertrou dat die kampioenskappe weer in jare wat kom hier aangebied sal word.
Tristan het tyd afgestaan om sy vaardighede ten toon te stel. Belangstellendes het tougestaan om sy handtekening op hulle branderplanke te kry. Hy hoop om sy titel van die 2019 Association of Professional Bodyboarding World Tour in Gran Canaria op tuisgrond te herhaal.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreIn Deel 7 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.
Pikkie Louw, die NG-gemeente se legende-orrelis vir baie jare, groet tydelik tot die einde van die jaar.
Belia Lourens, ‘n uiters begaafde sanger en gebore Gansbaaier, het onlangs in die Pretoriussaal opgetree.
In a thrilling journey towards the Professional Darts Corporation (PDC) World Cup 2024 in Germany...
Pick up a colouring page from our office and dive into our exciting Easter-themed competition!
Joe Smit met sy wit steenbras (3kg, swaarste vis) en Charlie Steyn met sy kabeljou (2.3kg, 2de swaarste vis) glimlag breed...