Gans-Berg News - 14 October 2026
This week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...
Tristan Roberts doen dit weer!
Tristan Roberts, ‘n inwoner van Onrus, het behoorlik geskiedenis in die wêreld van lyfplankryers (bodyboarding) gemaak. Tristan is die eerste in sportgeskiedenis wat twee kampioentitels ingepalm het: in die Junior Wêreld Kampioenskappe (2014) en in die Mans Wêreld Kampioenskappe (2022).
Op 24 Oktober 2022 het hy aan die wêreldkampioenskappe in Gran Canaria, hoofstad van die Kanariese Eilande, aan die IBC Bodyboarding Men’s World Championships deelgeneem - en as kampioen geëindig. Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame dr Annelie Rabie het Tristan bedank dat hy daarin geslaag het om die IBC Bodyboarding Men’s World Championships na die Overstrand te bring. “Dit was bemoedigend om die internasionale deelnemers hier te kon ontvang en ek vertrou dit was ‘n aansporing vir hulle om weer te kom,” het sy gesê.
Onrus Strand het vanaf 18-28 Augustus 2022 geskiedenis gemaak om die eerste in Afrika te wees wat as gasheer vir die IBC Bodyboarding World Tour op te tree - nog meer, die organiseerders vertrou dat die kampioenskappe weer in jare wat kom hier aangebied sal word.
Tristan het tyd afgestaan om sy vaardighede ten toon te stel. Belangstellendes het tougestaan om sy handtekening op hulle branderplanke te kry. Hy hoop om sy titel van die 2019 Association of Professional Bodyboarding World Tour in Gran Canaria op tuisgrond te herhaal.
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...
This week’s Gans-Berg Nuus / News brings together stories from across Gansbaai and the surrounding communities.
Check out the latest edition of the Gans-Berg Nuus / News here.
This week’s issue brings you local news, community stories and events from across the Gansbaai and Overberg area.
This week’s issue brings you local stories from across the community, including Laerskool Gansbaai’s 120th anniversary celebrations...