R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die groep opvoeders van Gansbaai en omgewing tydens hulle gratis, maar professionele kursus deur die Klein Karoo Bronnebestuur in die AGS Kerkgebou
‘n Groot geleentheid het vir etlike opvoeders van voorskoolse skole die afgelope tyd opgeduik, veral ook heelparty van Gansbaai en omgewing. Die groep van 15 opvoeders is besig met ‘n gratis kursus, aangebied deur die Klein Karoo Bronnesentrum (KKB) in die AGS se Kerkgebou bygewoon. Die persoon wat ‘n enorme rol in hierdie voorreg speel, is Thozama Klaas-Jolimvaba. Toe sy in Julie 2012 as maatskaplike werkster in die Overstrand begin werk het, het sy onmiddellik by voorskoolse onderrig betrokke geraak. Haar droom was dat bestaande kleuterskole teen 2014 as goed toegeruste voorskoolse leersentrums geregistreer sal wees en ook deur gekwalifiseerde personeel beman sal word. Deur haar bemiddeling met dr. Adriana Laubscher, die Besturende Direkteur, het KKB ingestem om die opleiding ten volle gratis in Gansbaai aan te bied. Sodoende het opvoeders van 8 kleuterskole van Gansbaai en omgewing die uitsonderlike geleentheid gekry om die VKO-kwalifikasie (Vlak 4) by KKB te verwerf.
Opvoeders ontvang ‘n volledige geakkrediteerde dagprogram, tesame met die nodige leermateriaal en die opvoedkundige speelgoed vir elke onderwerp - wat uniek is vir gratis opleiding. Hulle dosent, Sodwa Douse, doen eweneens ‘n opofferende werk deur vanaf Oudshoorn te ry vir die aanbieding van die kursus.
KKB is voorheen al vereer met talle toekennings vir hul uitnemende werk, soos die Premierstoekenning vir Onderwys, die Staatspresidents-toekenning vir uitnemende gemeenskapsinisiatief en die Elle Magazine’s Visible Difference Award. Na afloop van die akademiese jaar vind die formele KKB diplomaplegtigheid in November 2013 in Oudtshoorn plaas. Die studente sien veral daarna uit om persoonlik hulle sertifikate in ontvangs te gaan neem. Ongelukkig is hulle vervoer daarheen, asook verblyfkostes, ‘n groot uitdaging en probleem.
Borgskappe in hierdie verband word dus vriendelik versoek. Past Frikkie Zeelie het S.H.A/R.E. se bankrekening vir dié doel beskikbaar gestel: SHARE, 4049313424, ABSA Gansbaai en die verwysingsnommer is VKO. Navrae in hierdie verband kan aan 076-646-5234 gerig word. “Ons wil graag vir Gansbaai Superspar bedank wat met verversings betrokke is, asook vir Dixie Walsh wat daagliks vir die tee verantwoordelik is,” het past Frikkie Zeelie gesê.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.