R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
As die sandkorrels wat onder Seaviewrylaan 177 toegebou is kon praat, sou daar sekerlik kort-kort ‘n geskaterlag opgeklink het. Hierdie erf is al sedert 1950 deel van die De Vries-familie en dra ‘n familiegeskiedenis van 74 jaar. Die legendariese wynmaker, Helmie de Vries, het die huis in 1977 as vakansiehuis vir sy gesin by Bettie Joubert, sy tannie, gekoop. Die vreugde en herinneringe wat dit vir Helmie en Amanda, hul kinders, kleinkinders en vriende gebring het, is ontelbaar. Die De Vriese het die huis in 2005 begin verander en in 2007 as Franskraal B&B begin bedryf. Die gastehuisfase was vir hulle net so ‘n groot plesier soos wat die gesinsvakansies daar was.
In elke lewe kom daar hartseer en Helmie is op 16 Julie 2014 aan kanker oorlede. Amanda het voortgegaan met haar liefdestaak om gaste vanoor die wêreld te ontvang en met haar langtafel-etes te bederf. Een van haar gaste was André van Wyk met wie sy nou reeds drie en ‘n half jaar getroud is.
‘n Nuwe wêreld het vir Amanda oopgegaan met André as lewensmaat. Sy beroep as eiendomswaardeerder neem hom dwarsoor die land en Amanda reis graag saam. Soos wat die twee al minder tyd by die Franskraal-huis deurgebring het, is die vlae wat altyd vrolik gewapper het wanneer daar gaste was, gesak. Die nuwe prentjie wanneer hulle tyd daar deurgebring het, was die bekende gemakstoele waarin hul hul tuisgemaak het met ‘n glasie wyn in die hand, terwyl hulle die wyduitgestrekte see-uitsig geniet. Wat eers ‘n vrolike hawe vir besoekers was, het ‘n stil huis geword en Amanda het besluit dit is tyd om aan te skuif.
“Dit was ‘n wonderwerk” het Amanda Saterdagaand tydens hul Aanskuifete aan haar vriende vertel. Twee Pretorianers, Naas en Leonie Vermaak, het die huis die 27ste April besigtig, op 2 Mei ‘n aanbod gemaak en op 21 Mei is die koopkontrak geteken.
Tydens die aanskuifete (want afskeid klink so finaal), Saterdagaand, 29 Junie 2024, is daar lekker gelag en staaltjies uit vervloë dae opgediep.
“Die sirkel is nou voltooi” het sy gesê. “Helmie is nou tien jaar van ons af weggeneem en ek het net besef dat my kinders se herinneringe by die ou huis lê.”
Hulle onthou lê in die groot grasperk voor die huis, met die see waar hulle vinnig ‘n perlemoen of kreef kon gaan uithaal, op die kole braai; of snorkel om die rykdom van die oseaan te ontdek. Daar was altyd ‘n klomp mense aan die kuier. Vele tradisies word by die Franskraalhuis agtergelaat, soos 26 Desember se sjampanje-ontbyt en daarna piekniek op Romansbaai se strand. Cornie van der Merwe het een jaar die Kersdiens voor die ou huis op die grasperk gehou. Oujaarsaande was dit skaapbraai en dans – jonk en oud het meegedoen.
Dit is mooi herinneringe, maar tyd vir Amanda om aan te skuif, by André in Durbanville te gaan bly en die nabyheid en grootwordjare van kleinkinders te geniet.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...