Bejaardes was Stemopgewonde

Bejaardes was Stemopgewonde

Gansbaai Courant

Die bejaardes van Herberg-aan-See (HaS) was behoorlik “stemopgewonde” tydens die spesiale stem-geleentheid vroeër die week, kort voor verkiesingsdag op Maandag, 5 Mei 2014. Die ontspanningsaal in die Tehuis was volgepak en almal het ewe opgewonde gelyk om in die eetkamer te gaan stem, waar Francia van Dyk van die OVK en haar helpers en die polisie seker gemaak het die stemmery verloop binne wetlike voorskrifte. Bykans 40 geregistreerde stemgeregtigde inwoners van die Tehuis het hul stemme uitgebring, met die res van hulle wat op stemdag persoonlik sou gaan stem het.

Wilhelmina Hendrina Sadie (Winnie) Steenkamp (93) van HaS was die oudste geregistreerde kieser wat seker gemaak het haar stem gaan ‘n bydrae lewer. Sy is op 12 Oktober 1919 in Hopefield gebore, waar sy ook grootgeword het. Sy het haarself in ‘n verplegingsloopbaan gekwalifiseer en is vir die afgelope 4 jaar ‘n inwoner by HaS.

Hardus Botha

Foto 1: Winnie Steenkamp (93) was die oudste geregistreerde kieser in HaS wat haar stem tydens ‘n spesiale stemgeleentheid uitgebring het

Foto 2: Drie van die 40 geregistreerde kiesers in HaS wat opgewonde hul beurt om te stem afgewag het, met vlnr Christine Jordaan (87), Smittie van Rensburg (87) en Sylva van Zyl (91)

Bejaardes was Stemopgewonde

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant