Kerkhorlosie baat by Sneeuwitjie

Kerkhorlosie baat by Sneeuwitjie

Gansbaai Courant

Die herstelkostes van die NGK se kerkhorlosie het tydens die onlangse opvoerings deur die NGK Kerkkoor ‘n goeie hupstoot gekry. “Die bedrag wat tydens die twee dae opgelewer is, maak al die voorafgaande harde werk en vele oefensessies alles die moeite werd,” het Aletta Lochner, koorafrigter en ook regisseur, gesê. Die koor het ‘n skreeusnaakse klugspel-operette, Sneeuwitjie en die 7 Bergies, opgevoer. Aletta het self die toneelstuk aangepas en ook self die bewoording vir die vele liedere wat gesing is, geskryf. Die twee aande is baie goed ondersteun, asook die wynveilings wat aangebied is. Die verversings wat gedurende die pouses verkoop is, is deur die Gansbaai Goue Hande voorberei en verkoop. Die dameslede van die koor het vir die agtergrondsang gesorg, met die manlike koorlede wat die rolvertolking gedoen het.

Alle rolspelers het hulself uitmuntend van hul taak gekwyt en saam met die uitstaande dekor van die “woud” en Bergie-huis op die verhoog, asook die voorportaal, het alles tot ‘n suksesvolle twee aande bygedra.

Die volgende bedankings (alfabeties) word voorgehou: Begeleiers (Annelene Reinke, klavier; Dirk Büchner, kitaar; Jack White, trompet; Thys de Villiers, verteller); Gansbaai Courant (beriggewing en foto’s); Gansbaai Melodrama Kinder Trustfonds (verskeie verhoogitems); Gansbaai OK Foods (kratte); Goue Hande (verversings tbv HaS); Hulpverlening (Cilliers Bruwer; Dames vir klere, grimering, kaartjieverkope; Das van Dyk; Dawie & Amanda le Roux; Dirk & Eva Büchner; Hennie Lochner; Jannie & Leonie Botha; Rensia van Jaarsveld; Thys Fourie & Marie Reid van Marie’s Boutique); Klank & beligting (Michael en Conrad Geldenhuys); NG Kerk (Wilna Swanevelder & Maritha Kriel; Saal); NGK Kerkkoor (Aletta Lochner as dirigent, afrigter, regisseur; Dameskoorlede, sang; Manskoorlede, toneelspelers; VGK Mannekoor, sang); Verhoog-dekor & voorportaal (Anita Botha en helpers); Wynskenkings (Rietvallei Wyne, Christine Bruwer; Rooiberg Wyne, Marianne Lochner; Namakwaland- en Van Loveren Wyne, Tinus de Jager). “Ek is nie iemand vir bedankings by die naam nie, want iemand kan dalk net uitgelaat word en daarom bedank ek graag alle betrokkenes vir hulle harde werk, hulpverlening en ondersteuning van harte,” het Aletta gesê.

Hardus Botha

Foto 1: Drie van die Bergies saam met Sneeuwitjie

Foto 2: En die koeël is deur die kerk vir Sneeuwitjie en die Prins

Kerkhorlosie baat by Sneeuwitjie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant