Kinders wat kinders help

Kinders wat kinders help

Gansbaai Courant

 “My projek vir Acting Hope is Onderwys en Opleiding vir Acting Hope (Kinders wat kinders help), met die fokus op gemeenskapsprojekte en ek geniet dit wat ek doen terdeë,” vertel Marenique van Wyk (14). Sy is ‘n Gr 8 leerder aan die Hoërskool Stellenberg en haar ouers, Nic en Cornel van Wyk van Durbanville besit ‘n strandhuis in De Kelders. Marenique het besluit om haar projek tydens hulle vakansie hier prakties toe te pas. Sy het etlike teddiebere (Jesus teddiebere) in Gansbaai by een van die speelparke kom uitdeel, asook lekkergoedpakkies met briefies daarin aan die sowat 20+ kinders wat opgedaag het. Groot opgewondenheid het onder die kinders geheers, wat elk ‘n splinternuwe teddiebeer ontvang het. Marenique sê sy het reeds sowat 400+ teddiebere op hierdie wyse uitgedeel wat vir vele dankbare kinderhartjies gesorg het. Haar internet bewoording lui soos volg: “Through my involvement with community projects in 2013, I realised that education, self awareness and sustainability are the stepping stones for children to be happy and balanced in today’s society. The projects I am aiming to do this year will help children to attend school and allow them to reach their full potential. This will be done by providing opportunities for them to learn new skills, also giving them stationary and other equipment needed for effective teaching.” Dit is egter nie net vir die uitdeel van teddiebere nie. Marenique is ook ‘n Wes-Kaapse finalis in die Miss Teen International South Africa, wat ook deur Acting Hope gereël word. Die finale kompetisie vind in September vanjaar plaas, wat met die wêreldwye uitdunne sal saamval. Acting Hope is in 2013 deur Ingrid Burger gestig, nadat sy in 2004 van Engeland af na Suid-Afika teruggekeer het. “There are so many broken dreams, broken hopes and children in our society, and very often these children don’t receive any help due to the costs involved in giving then therapy. This is where the idea of Acting Hope started.

Hardus Botha

Foto 1: Marenique van Wyk, Wes-Kaapse Mej Tiener finalis, sit hier tussen ‘n deel van die kinders wat almal ‘n teddiebeer en ‘n pakkie lekkergoed vir haar gemeenskapsprojek in Gansbaai ontvang het

Kinders wat kinders help

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant