DA se Dankie

DA se Dankie

Gansbaai Courant

Gansbaai se DA-tak het weer eens by wyse van ‘n funksie op 9 Mei 2014 dankie gesê aan almal vir hul harde werk en ook ondersteuning.

Rdh Pieter Scholtz het die verwelkoming behartig en daarna verwys dat hierdie permanente wyse van dankbetuiging oor vele jare heen ‘n tradisie geword het. Hy het onder luide toejuiging in ‘n stampvol Toerismesaal oor enkele hoogte-punte gedurende die verkiesingstydperk, stemdag en die DA se voorlopige suksesse gepraat.

Kobie van Wyk het rdh Scholtz en sy eggenote, Ans, spesiaal uitgesonder vir hulle absolute toegewydheid en harde werk oor vele jare heen.

Die volgende amptelike bedankings is deur rdh Scholtz voorgehou: Alle DA-ondersteuners by die stembusse; Almal wat hard en met toegewydheid gewerk het, asook almal wat moontlik uitgelaat is. Enkele uitsonderings (alfabeties) is gemaak: Alec Kitley (aktief betrokke sedert 2000, asook opsit van plakkate; Ans Scholtz (‘n steunpilaar en reël van verversings sedert 2006, asook tydens openbare vergaderings, asook DVD’s met foto’s); Elizabeth Kondokter (lojaliteit); Gansbaai Courant (gebalanseerde beriggewing); Gansbaai SAPD (teenwoordigheid by stembusse); Glenda Kitley (Toerismesaal); Helmien (wat spesiaal vanaf Lephelale (Ellisras) gekom het om te registreer en daarna om te kom stem, asook andere wat dit ook gedoen het); James en Moira Opperman (registrasieproses); Neels Claassen en Kobie van Wyk (opsit van plakkate); OVK (wat in die groter Gansbaai vir ‘n vry en regverdige verkiesing gesorg het); Stembus-kapteins rdl Oosthuizen, rdl Opperman, rdl Ndevu en Rina de Coning; “en laastens aan ons Hemelse Vader vir die voorreg wat ons het om in hierdie pragtige deel van ons mooi land te woon.”

Daarna is daar gesellig saamgekuier en heerlik geëet aan ‘n smaaklike bord kos en nagereg.

Woensdagaand, direk na afloop van die verkiesing, het etlike DA-lede vanuit alle gemeenskappe in afwagting vir verkiesingsuitslae in die lokaal van Gansbaai Gemeenskaplike Sportgronde vergader, wat ook lankal reeds ‘n instelling geword het.

Daar is vrolik vleisgebraai, geëet en gekuier, met etlikes wat nie kon stilsit nie en heerlik gedans het.

Hardus Botha

Foto 1: ‘n Gesellige oomblik aan een van die tafels tydens die DA se Dankie-sê Funksie, met rdh Pieter Scholtz en sy eggenote, Ans agter aan die kop van die tafel

DA se Dankie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant