Gansbaai VLV Nuus

Gansbaai VLV Nuus

Gansbaai Courant

Verlede Maandag het VLV Gansbaai die voorreg gehad om vir Antie Stienie (Cindy Liebenberg) te ontmoet. Ongeveer 55 dames en 3 mans het 'n baie prettige middag deurgebring by die Gansbaai Family Church in Buitekantstraat. Daar was oomblikke van erns, en dan was dit gevolg met heerlike skatterlag en handeklap. Antie Stienie Verdoes is een van ses karakters wat deel is van die "famielie". Daar is ook Oom Hendrik Verdoes-Stienie se safariepak-kam-in-die-kous man met die mooiste borshare.                                   

Flora Verdoes- Blomkunstenaar, Eufesia Verdoes- die Ds se vrou, Kekkel-en Leghorn hen met vet dye en boude, en dan Koekie Swart - 'n nuwe karakter waaraan sy nog "geboorte" moet gee.

By verre die gewildste is Antie Stienie wat oor die afgelope 12jr, by sowat 216 optreses, met 21 000 vroue, pret gepraat het.

Haar "motto"- "Mag ek en jy, liewe vriendin, elke dag in dankbaarheid leef en nooit toelaat dat iemand ons in 'n blik druk nie. Mag ons uitstaan sonder om bo-op iemand te staan.Mag ons nooit die waarde van 'n glimlag onderskat nie. Voluit. Nou!" Antie Stienie het waarlik haar Grense Verskuif.

Groot dankie aan Ronel de Villiers en haar Kuns en Handvlyt dames wat gesorg het vir al die plesier, en heerlike eetgoed daarna. Kinnie Schutte was die gelukkige wenner van 'n reuse "Hamper" en Marianna van Rensburg, 'n eerste inskrywer vir ons kompetisies het met haar gebak 'n eerste prys gekry. Dankie ook aan Adri, Mike en Elize vir hulle musiek voor die verrigtinge.

Aan Thys en Ronel de Villiers wat hierdie middag geborg het, baie, baie dankie. Ons wil ook graag ons dank oordra aan John Collings van die Gansbaai Family Church vir die klank en die gebruik van die saal. Hopelik sal Antie Stienie of een van haar "famielie" weer vir ons kom kuier in die toekoms.

(Iemand het 'n donkerbril in die saal gelos. Kontak Rienie) 

Rienie Lüdick

Foto 1: Gesellige oomblik in die saal

Foto 2: Ronel de Villiers, Antie Stienie en Rienie Lüdick

Foto 3: Rita Groenewald , Antie Stienie en Anna Germishuys

Gansbaai VLV Nuus

Rienie Ludick

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant