Fraternal se Verkiesings gebedsoggend

Fraternal se Verkiesings gebedsoggend

Gansbaai Courant

Gansbaai Ministers Fraternal onder leiding van ds Dennis Naidoo het op Verkiesingsdag, 7 Mei 2014 om 06:00 vir ‘n Verkiesings-gebedsoggend bymekaar gekom.

Die vroeëoggend gebedsgeleentheid is deur bykans 20 verteenwoordigers in OMGEE Bedieninge se saal bygewoon. Verteenwoordigers vanuit etlike kerkge-meentes in en om Gansbaai was daar. Die groep het begin deur God Bless Africa saam te sing, waarna ds Dirk van Dyk van die NG-gemeente die verrigtinge met gebed ge-open het.

Gansbaai Ministers Frateral se voorsitter, ds Dennis Naidoo het die Skriflesing waargeneem. Hy het uit Spreuke 21 gelees, met die klem op almal en alles wat onder die gesag van die Here staan en dat die oorwinning aan God behoort. “Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur die Here.” (vers 31). Alle verteenwoordigers het daarna die geleentheid tot gebed ontvang. Daar is deurgaans op onderlinge vrede en verdraagsaamheid op Verkiesingsdag gefokus, veral met verwysing na gebiede waar groot onrus heers. Hierdie reëling deur die Gansbaai Ministers Fraternal was sonder twyfel baie gepas en ‘n goeie onderlinge gees van samehorigheid het tussen die verteenwoordigers geheers. Past Frikkie Zeelie van Gansbaai AGS het die verrigtinge met gebed afgesluit, waarna almal saam die Nasionale Volkslied staande gesing het. Rdh Pieter Scholtz, Overstrandse Uitvoerende Onderburgemeester en Fanie Bothma, voorsitter van Gansbaai Sakekamer het die verrigtinge ook bygewoon. Die groep het daarna ontspanne met ‘n koppie koffie verkeer.

Navrae rakende Gansbaai Ministers Fraternal kan aan ds Dennis Naidoo by 028-384-1720 of 083-228-6815 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by dnaidoo2@telkomsa.net.

Hardus Botha

Foto : Die groep verteenwoordigers op Gansbaai Ministers Fraternal wat ‘n verkiesings-gebedsoggend bygewoon het, met voorsitter ds Dennis Naidoo voor regs

Fraternal se Verkiesings gebedsoggend

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant