OMGEE se Teelepelete

OMGEE se Teelepelete

Gansbaai Courant

Gaste tydens OMGEE Bedieninge se Teelepelete op Sondag, 4 Mei het die gaste weer eens verras oor wat alles met ‘n teelepel gedoen kan word - mits die hoeveelheid disse voldoende is. En disse was daar meer as genoeg - 21 daarvan, ingesluit verskeie negeregte. Die gedagte is dat daar net ‘n teelepel van elke dis opgeskep word, maar dit is verbasend hoe maklik die borde vol raak.

“Vanjaar se Teelepelete is nog beter bygewoon as verlede jaar met die sowat 120 kaartjies wat verkoop is en die bykans 100 gaste wat opgedaag het, met die res wat as wegneemetes opgeskep is,” vertel ds Deon Klopper. Soos verlede jaar was daar weer enkele gaste wat gedink het die bord gaan te leeg wees en dan is daar so ‘n “ekstra ou lepeltjie” opgeskep, maar vinnig het dit dan ‘n rooi gesig of wat veroorsaak as die bord al byna vol was voordat die einde van die ry disse bereik is. Dan was daar nog geleentheid vir die gebruiklike “seconds” ook vir diegene met ‘n groter aptyt. Die nagereg het natuurlik goed onder die teelepels deurgeloop. Die gesellige atmosfeer was bykans oorverdowend soos wat daar gekuier en gesels is, asof almal mekaar van kindsbeen af ken.

“Die ete is weer eens as ‘n gemeenskapsprojek gereël, maar wat dit nog meer aangenaam gemaak het, was die teenwoordigheid van verskeie kerkgroepe wat gesellig saamgekuier en saamgeëet het,” sê Deon. Foto’s is deur Jane Bailey geneem.

Hardus Botha

Foto 1: Opskeptyd met ‘n teelepel, maar meer kos word so geskep as wat mens sou kon dink

Foto 2: ‘n Gesellige oomblik aan tafel waartydens OMGEE Bedieninge se smaaklike Teelepelete geniet is

OMGEE se Teelepelete

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant