Vangste die laaste klompie jare

Vangste die laaste klompie jare

Gansbaai Courant

Verlede week het ek die gevoel beskryf wat jy ondergaan met die vang van geelstert. Ek het per abuis toegelaat dat ‘n paar geelbekke ook in die boot beland. So werk dit nie gewoonlik nie. Jammer vir die fout.

Die water het gesorg dat jy jou seetoegaan-dae versigtig moes beplan, gevolglik het bootvangste daaronder gely. Die manne met die lang stokke word nie so baie daardeur beïnvloed nie en ‘n galjoen of twee het gesorg dat die braairoosters nie te veel roes nie. Indien jy ‘n register het met die afgelope jare se vangste is jy gelukkig om te kan bepaal watter patroon daar met die vangste was en watter vis gedurende watter maand behoort te byt. Dit is presies wat ek gedoen het.

Dis natuurlik geen geheim dat die vangste jare terug baie beter was as die huidige nie en met die analise gemaak was dit weer eens duidelik. Maar die idee was om te bepaal wat byvoorbeeld in Meimaand (1999 - 1213) gevang was en hoe dit nou van toepassing sal wees. In die tydperk om en by 2001, 2002 is, indien ek dit so mag uitdruk, gemors (jammer, dis nie die regte woordkeuse nie, maar dis baie naby daaraan!) met veral geelbek, terwyl kabeljou ook baie prominent was. Die ander vis wat aangekeer was  laat jou ook kwylbek, want romanne, vet hotties, rooivis, steenbras, snoek en silwervis is beslis nie te versmaai nie. Die realiteit is egter dat jy nie heeltemal op statistieke kan staatmaak nie.

Luister gerus na die omie wat die wind en weer dophou en sy eie gevolgtrekkings maak, baie maal is dit beter om sy raad te volg!

Groete, Seemeeu

Vangste die laaste klompie jare

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant