Sea Stars op dreef

Sea Stars op dreef

Gansbaai Courant

“Die Sea Stars Netbalklub het op 12 April aan die openingswedstryd te Caledon deelgeneem,” vertel Bertruline Dickson.

“15 netbalspanne is as lede van die nuutgestigde Overberg Netbal Unie geregistreer.” Die Sea Stars het al 4 hul wedstryde teen Hangklip, Swellendam, Zwehile en Happy Hearts gewen. Op Saterdag, 3 Mei het hulle in ‘n vriendskaplike wedstryd teen Safcol van Grabouw gespeel, met die tellings soos volg: hulle B-span wen 10-9 en die A-span wen 31-8. “Ons het daardie wedstryd as ‘n goeie oefenwedstryd vir ons eerste liga-wedstryd te Caledon beskou,” sê Bertruline. Daardie wedstryd het op Saterdag, 10 Mei plaasgevind en die uitslae was soos volg: hulle A-span wen teen Hermanus 19-10 en die B-span wen teen Hawston 15-13.

“Ons het groot waardering vir al ons borge en ondersteuners en ons probeer Gansbaai se naam hoog hou,” sê Bertruline. “Ons was immers verlede jaar ook die wenners van die liga A- en B-spanne, asook die naaswenners in die Overstrand Burgemeesterstrofeë kompetisie. Ons wil graag voortbou op hierdie prestasies, maar is steeds opsoek na ‘n afrigter om te kom help.”

Navrae kan aan Bertruline Dickson by 072-707-5687 gerig word.

Hardus Botha

Sea Stars op dreef

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant