Manne vir Moedersdag

Manne vir Moedersdag

Gansbaai Courant

Dis nou nie manne wat Moedersdag vir hulself opeis nie, maar manne wat besluit het om die Moeders te onthaal en te bedien. Vanjaar is die tweede jaar wat die Birkenhead Boothengelklub besluit het dís hoe ‘n Moedersdagete aangebied moet word - die manne maak die kos, skep op en bedien die Moeders wat dan met oorgawe onthaal word. Hierdie projek was ook verlede jaar op Moedersdag ‘n reuse sukses - ook deur die manne aangebied. Op Sondag, 11 Mei 2014, het etlike gaste en moeders by die klubhuis opgedaag, met die manne wat hulle vriendelik in swart broeke, wit hemde en kleurvolle serpe met sjerrie ingewag het.

Voorsitter Philip Fourie het as seremoniemeester opgetree en baie spesiaal na veral die geloof van moeders verwys. Dirk en Eva Büchner, ook bootklublede, het gesorg vir hartroerende sang as blyk van waardering teenoor die moeders. Die uitstaande potjiekosse wat te ete aangebied is, was Bees (Steve Muller), Hoender (Dirk Büchner), Kerriehoender (Jan Lotz), Maalvleis/Pasta (Manie van Dyk), Skaap (Bev Swart) en Volstruis (Kobus du Toit), saam met broodjies, konfyt en patè (Stella Swart) en smaaklike malva poeding en vla (Nickie van Dyk) as nagereg.

Anita Botha en ‘n span helpers was verantwoordelik vir die pragtige en gepaste versiering van die klubsaal. Selfs hier was die manne (gesoute hengelaars!) behulpsaam en het die vooraf-uitgeknipte vroue-figuurtjies teen die mure opgesit en gekleurde servette in die wynglase gesit. By die gaste ingesluit was onder andere rdh Pieter Scholtz, ‘n voormalige voorsitter van die bootklub en sy eggenote, Ans. Bev Swart het op sy beurt met 6 uit ‘n gesin van 10 broers en susters opgedaag.

Die Birkenhead Boothengelklub se volgende boothengel-kompetisiedag is op Saterdag, 24 Mei 2014, met hulle gebruiklike en gesellige aandfunksie daarna. Skakel vir Johan Wiese by 084-680-1269, of stuur ‘n e-pos aan hom by johan.wiese55@gmail.com

Hardus Botha

Foto: Philip Fourie, Johan Wiese, Hardus Botha, Manie van Dyk, Steve Muller, Johan Burmeister, Jan Lotz, Dirk Büchner en Bev Swart

Manne vir Moedersdag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant