Dillan sing tbv HaS

Dillan sing tbv HaS

Gansbaai Courant

Die gewilde Afrikaanse sanger, Dillan Lerm, tree op 5 Julie vanjaar om 19:00 in die Pretoriussaal ten bate van Herberg-aan-See op. Dillan is in Bloemfontein gebore, waar hy sowat 18 jaar van sy lewe deurgebring het. Sy ouerhuis is tans in Hermanus, waar hyself ook vanaf 1999 tot 2010 gewoon het.

“Ek noem myself ‘n professionele vakansieganger,” het hy al na homself verwys. Gedurende 2012 tot 2013 het Dillan sowat 280 optredes landswyd aangebied. Sy lewendige verhoogpersoonlikheid en natuurlike charisma met treffende lirieke soos die gewilde Emma’s Song en Trane van Genade, maak van hom ‘n ware ster. Hy word as ‘n diep mense-mens wat omgee en sy hart en tyd vir sy aanhangers aanbied, beskou. Hiermee kruip hy diep in die harte van oud en jonk in. Sy sprankelende verhoogpersoonlikheid maak ook van hom ‘n baie gewilde kunstenaar, asook seremoniemeester by verskeie feeste en skoue, soos die KKNK, Hartenbos ATKV, Bonnievale Bonanza en die Bloemfontein Skou.

Dillan deel ook al hoe meer die verhoog met groot name in die bedryf, soos Kurt Darren, Gerhard Steyn en Theuns Jordaan. Hy was ook die Tygerburger se lesers se eerste keuse met ‘n stemtotaal van sowat 3,300 stemme. Dillan sê hy het ook toneelspel en koordeelnames gedurende sy Stellenbosch-jare baie geniet. Hy beskou homself ook as ‘n “natural” agter ‘n mikrofoon en geniet die rol van seremoniemeester baie - “en ek vertel net skoon grappies…die meeste van die tyd!”

HaS is deurlopend afhanklik van addisionele finansiële hulp en ondersteuning en hierdie is ‘n gulde geleentheid vir die gemeenskap om hulle te ondersteun en terselfdertyd goeie waarde in ruil daarvoor te ontvang. Kaartjies beloop ‘n skrale bedraggie van R50/persoon en is by HaS (028-384-0501) gedurende werksure beskikbaar.

Hester Venter, organiseerder van Dillan se optrede, kan ook by 082-439-6256 vir kaartjies geskakel word. Teken nou reeds die datum aan: Saterdag, 5 Julie 2014 om 19:00 in die Pretoriussaal.

Hardus Botha

Dillan sing tbv HaS

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant