Iets is aan die broei die vis gaan byt

Iets is aan die broei die vis gaan byt

Gansbaai Courant

Ek hoop my voorspelling is in die kol. Moet erken, daar is niks om dit te staaf nie, maar gegrond op wat in die verlede gebeur het (Mei/Junie/ Julie) is dit wel moontlik.

Onlangse bootvangste was  niks om oor huistoe te skryf nie, daarvoor was die water te “deurmekaar”. Hoewel heelwat van die regte wind (wes, suidwes en ook noordwes) gewaai en jy met baie moed see toe is, het die vis net nie gebyt nie. Al wat redelik beskikbaar was was hotties, PW’s en roman. Oulywe het ook gesig gewys maar moet nog volstoom aan die gang kom. Ek dink die vis behoort binnekort te begin byt (opdaag?). Ek persoonlik dink dit sal nie meer lank wees nie. Dis ‘n goeie plan om jou gereedskap intussen voor te berei. Sal dit nie aangenaam wees om te spook met ‘n ordentlike geelbek of miskien ‘n regte hardekoejawel snoek nie?

 Vanaf einde Mei begin ons met iets nuuts in die hengelrubriek. Voor die aanvang van elke nuwe maand  sal ‘n opsomming verskyn van bootvangste wat in daardie spesifieke periode van toepassing is vir die jare (1999 [beperk] en 2000 tot 2014). Ek moet dit duidelik maak dat dit slegs vangste en geleenthede is waarby ek persoonlik betrokke was (kommersieel sowel as sport en ontspanning) en die verwysings sal korrek wees. Alle ondermaatvis is teruggeplaas. Statistieke sal verskil  aangesien een skipper byv. op haaie mag konsentreer terwyl die ander hotties verkies  --  dus is geen vangste werklik verteenwoordigend van ‘n spesifieke vis nie.

My opsommings en gevolgtrekkings, hoewel dit nie kan beskou word, as sou die vangste in die toekoms weer so wees nie, sal wel ‘n aanduiding gee van wat in daardie besonderse maand raakgeloop kán word. Onthou egter dat die weer altyd ‘n effek op vangste sal hê. Alle sukses!  

Groete, Seemeeu

Foto 1: Relêks se manne maak reg om see toe te gaan

Foto 2: ….. en as die vis nie byt nie, wys gerus die kleingoed wat eendag op hulle wag.

Iets is aan die broei die vis gaan byt

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant