Rolbal Toernooi

Rolbal Toernooi

Gansbaai Courant

Hierdie tyd van die jaar hou rolbalspelers die weervoorspelling baie goed dop.  Hulle kon egter nie kla nie want die afgelope tyd het ons ideale rolbalweer beleef waarvoor ons dankbaar is.  'n Mens kon die uitwerking van sulke mooi herfsdae duidelik op die deelnemers aan 'n geslote gemengde driespel toernooi op 13 Mei 2014 te Franskraal waarneem. Almal was opgeruimd en 'n gees van goedige mededinging het geheers. (Die bietjie reën later in die middag te spyt).

Die wenners van die dag was Jan Fouché, Charlie Nowers en Dalena Wessels met 28+14 punte. Die naaswenners was Boetie Retief, Comine Groenewald en Gerrie Fourie met 28+5, gevolg deur Gideon Pienaar, Jane de Villiers en Freddie van Eeden met 28+2.

Ons is ook baie dankbaar dat ons weer op een van ons staatmaker borge se nommer kon druk.  OK Foods het, soos so dikwels in die verlede, die dag geborg

'n Dag na Tommie van Niekerk saam met sy klublede die toernooi geniet het, het hy die klub se naam hoog gehou tydens die Boland Senior Meesters Enkelspel kampioenskapstoernooi waar hy 'n brons medalje gewen het.  Daarna het hy saam met 'n speler van Robertson, Martin van Zyl saamgespan om aan die Nasionale mans pare kampioenskap deel teen waar hulle tot die laaste twintig spelers deurgedring het.  Die volgende rondtes word later gespeel.  Wel gedaan Tommie.  Ons hou duim vas vir julle!

Pieter Conradie

Foto : Ivan Giles (President), Jan Fouche, Dalenea Wessels en Charlie Nowers - wenners van die OK-borgdag.

Rolbal Toernooi

Pieter Conradie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant