Black Leaves toon karakter wen 29 26

Black Leaves toon karakter wen 29 26

Gansbaai Courant

Die Gansbaai Black Leaves A-span het verlede Saterdag 'n noue ontkoming teen Ashton United beleef deur met 29-26 te ontsnap. Om vir die grootste gedeelte van die wedstryd agter te loop (op 'n stadium 7-26) en te wen het regtig mannemoed gekos. Die span het goed vertoon na voorverlede Saterdag se verloorstryd teen Bredasdorp se Standards en kan nou daarna uitsien om Kleinmond komende Saterdag (24 Mei) op hul tuisveld aan te durf.

Eers het die 3de span van die dag hul onoorwonne segetog voortgesit deur hul eweknie met 12-7 kaf te draf. Soos dinge nou gaan in die 3de span ding almal mee om 'n plek daar. Pieter Jantjies (afrigter) en Vicky (span-bestuurder), bestuur hulle span van jeug en ervaring met 'n ope beleid. Veral Koppe het getoon dat hy nog oor groot trefkrag beskik toe hy 'n plettervatlopie op die opponent toegepas het. Melly Tobias en Daniel Dreyer kuier agter die doellyn elk en Wilfred Tobias behaal 'n doelskop (12-7). Met die aanbreek van die 2de span wedstryde was daar ook uitgesien na 'n goeie wedstryd, wat wel was aan beide kante, maar die Black Leaves B-tuisspan moes ongelukkig die knie buig en (10-13) verloor. Black Leaves se B-span is nog nie 'n sodanige gevestigde span nie. Daar is nog te veel weiding duskant hul grense. Die B-span het hard probeer om die agterstand uit te wis maar het nie genoeg afronding getoon nie. Na 'n mooi beweging word Brendon Dickson deur 'n gat gesit met Gregory Brett (slot) aan sy buitekant wat oorgestuur word vir 'n verdoelde drie. Die span kon maar net nie uit die greep van Ashton ontsnap nie en verkeer onder druk. Brendon behaal 'n strafskop (10-13). Greg (Yster) met 'n oop doellyn weer eens voor hom, slaan so waaragtig die bal aan en Yster verloor die wedstryd vir die Baai (power afronding).

Die grote waarvoor almal gewag het, het op dramatiese wyse begin en geëindig.

In 'n japtrap het Ashton die Gansbaaiers gou twee keer agter hul eie doellyn laat staan (12-0). In hierdie helfte het Ashton solied vertoon en baie druk toegepas deur die veld te verlaat met 19-5 danksy 'n langafstand onderskep drie deur die heelagter, Clayton Niemand.

Met die aanbreek van die tweede helfte het die vonke behoorlik gespat met Gavin Wildschut wat na 'n lang afwesigheid weer sy verskyning op die veld gemaak het. Hierdie energieke losvoorspeler het behoorlik met sy kragdadige stormlope laat brand, die ware yster. Rieduwaan Preslin en sy ander troepe het meer samespel getoon en fase spel gespeel. Sodoende is nog verdienstelike 3 drieë gedruk om die eindtelling op 29-26 te staan te bring (ongelooflik maar waar).

Kleinmond sal Saterdag met dieselfde momentum getref moet word.

Puntemakers: A-span: Drieë: Clayton Niemand (1), Dilano Booysen (1), Steward Jacobs (1) en Francie Pieters (1) elk. Strafskoppe: Steward Jacobs (3).

So Sê Bra "G"

Black Leaves toon karakter wen 29 26

So se Bra G

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant