AfriForum help Uilkraal beveilig

AfriForum help Uilkraal beveilig

Gansbaai Courant

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Vrydag om 12:00 te Uilenkraalsmond Oord ’n gholfkar en veiligheidstoerusting aan die Uilenkraalsmond Buurtwag oorhandig. Die oorhandiging vorm deel van AfriForum se landelike en residensiële beveiligingsinisiatief in die Wes-Kaap, wat Februarie vanjaar geloods is.

“Die inisiatief wat die Uilenkraal-buurtwag aan die dag gelê het om hul omgewing te beveilig is inspirerend, en AfriForum wil graag hul hand versterk met die oorhandiging van die gholfkar en veiligheidstoerusting,” het Stefan Pretorius, AfriForum se provinsiale koördineer vir die Wes-Kaap gesê.

Hierdie is 'n loodsprojek van AfriForum en 'n eerste in Suid-Afrika. Die gholfkar het 4 sitplekke wat Buurtwaglede gouer na probleemareas kan vervoer. Verskeie uitrusting het ook hiermee saamgegaan (soos sterk flitsligte, pepersproei en roterende flikkerligte). Hierdie nuwe gholfkar sal die Buurtwag nog meer sigbaar maak. Die eerste gholfkar het die misdaad posisie op Uilkraal handomkeer verander en kan spog dat hulle 'n jaar laas 'n huisbraak gehad het. Daar is op die oomblik 21 lede en elke lid doen tussen 6-10 ure diens per week. Tye word gereeld verander en verskeie kameras is in Uilkraal geïnstalleer. Die kameras stuur foto's na die rekenaar en selfoon (rooi foon) op die gholfkar. Binne 1 minuut verskyn die foto van die persoon wat deurbeweeg op die rekenaar en selfoon. Kameras word gereeld verskuif om voornemende misdadigers nog meer ongemaklik te maak. Kennisgewings is op verskeie plekke aangebring wat persone waarsku dat die area deur kameras gedek word. Kameras stoor 820 foto's wat nagegaan kan word indien enige probleem ontstaan. Buurtwaglede is uitgerus met 'n goeie radio en flits. Enige inligting wat verkry word, word aan lede versprei. Die oudste gholfkar staan nou op blokke en is "Junior Buurtwag" gemerk waar ons kinders hulle gate uit geniet. 'n Mooi storie is van 'n seuntjie van ongeveer 5 jaar oud wat 'n pakkie skyfies en 'n donasie van 20 sent by Buurtwag se kantoor kom aflewer het. So hulle begin reeds jonk besef wat die waarde van veiligheid is. 'n Dag om die ouer mense meer bedag te maak teen misdaad word ook beplan. Waarom wag totdat 'n misdaad gepleeg is? Tree voorkomend op. Uilenkraalsmond Buurtwag het nou 2 gholfkarre en 'n vierwiel motorfiets.

Indien enige iemand belangstel om by die Buurtwag aan te sluit of om enige verdere inligting te bekom kan PJ Venter by 072 947 6147 geskakel word.

Foto: Die groep verteenwoordigers tydens die oorhandiging van die gholfkar met voor links: Ian Cameron (Hoof Veiligheid AfriForum RSA), Stephan Pretorius (AfriForum Wes-Kaap Streeksverteenwoordiger) en Paul Venter (Koördineerder van die Buurtwag) agter die stuur.

AfriForum help Uilkraal beveilig

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant