GANSBAAI IN DIE NUUS 1975

GANSBAAI IN DIE NUUS 1975

Gansbaai Courant

Snoek is weer volop op Gansbaai en vakansiegangers kan weer snoekpens braai en selfs biltong droogmaak om saam te neem vir die vishonger-dae in die binneland. Ongeveer 100 000 harders (23 000 kg) is die afgelope twee dae by die Plaat getrek.  Volgens  mnr. Coen Swart van die Vis-Koöperasie, is die koue store vol en kan hulle nie meer harders neem nie.  By Uilenkraalsmond is ook ‘n paar duisend harders getrek wat deur private kopers geneem is.  

Maandag alleen is 75 000 by die Koöperasie afgelewer.

Die ontvangs van die eerste TV-uitsending op Gansbaai en De Kelders was puik. Mnr H. de Goede, eienaar van die plaaslike hotel, het ‘n T.V.-stel in die kroeg laat installeer. Volgens die inwoners van Gansbaai is die beeld baie duidelik en die ontvangs goed.

Die volgende inwoners van Baardskeerdersbos het na Suidwes-Afrika vertrek waar hulle familie in Walvisbaai sal besoek:  mnr. en mev. Koos de Wet, mnr. en mev. Henry de Wet, mnr. en mev. Wynand Louw en mev. Manie Groenewald, mev Katriena de Wet en mej. Magda de Kock.

Verlede Saterdag is ‘n boot-eienaarsvergadering op Gansbaai gehou.  Die booteienaars wil graag die fabriekskwota van 28 000 metrieke ton sardyn verdeel onder nege bote sodat elkeen ‘n bootkwota kry.  Volgens mnr. P.L. Zietsman, voorsitter van die vergadering en reeds baie jare adviseur van die booteienaars, was daar by die begin van die fabriek, nege bote van amper 20 meter elk.

Dit is ‘n paar  van die talle nuusbrokkies waaruit ons tans besig is om die Gedenkboek vir Gansbaai saam te stel.  Op die oomblik is dit nog net sorteer en liasseer, maar hopelik kan ons binne ‘n maand of twee begin met die samestelling van ‘n pragboek vir die omgewing. 

Ons beplan ‘n dorpsboek en hoop om soveel as moontlik van die plaaslike inwoners te betrek.  Dit is nou jou kans om jouself en jou voorfamilie se name te verewig met foto’s of stories.   Dié boek sal hopelik by die volgende eeuwending as bron gebruik word.  Ons werk tans deur geskrewe inligting wat ouer as 100 jaar is!

Jan en SD Fourie,   Epos: sdfourie@telkomsa.net

GANSBAAI IN DIE NUUS 1975

Jan en SD Fourie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant