Bobaas Sjef by GWH

Bobaas Sjef by GWH

Gansbaai Courant

Die Great White House is bevoorreg om nuwe hoofsjef, mnr Chris Pead (onder), by die restaurant te verwelkom.  

Op Dinsdag, 20 Mei 2014, is ‘n verwelkoming vir Sjef Pead gereël. Hier het hy ons verras met ‘n drie-gang maaltyd, wat nie net 5 ster gehalte was nie, maar ook ‘n onvergeetlike fynproewerservaring was. 

'n Paar uitsoek gaste is genooi om die hoë kwaliteit kos en voortreflike diens van die Great White House in Kleinbaai, te geniet. Hierdie funksie was net ‘n voorsmaak van dit wat nog vir besoekers aan die restaurant, voorlê. Chris sal in die nabye toekoms sy eie stempel op die algemene spyskaart afdruk, waar hy sy 26 jaar werkservaring in die restaurantbedryf sal gebruik, om dit wat klaar goed is, voortreflik te maak. Chris is van kleins af ‘n kos entoesias, en het op 5 jarige ouderdom aan sy eerste bak-kompetisie deelgeneem. Hy het al verskeie bestuursposte by groot maatskappye beklee. Die pos by die Great White House wat meer intiem en nader aan die kliënt is, gee hom ruimte om terug te beweeg na sy liefde vir kos en weer sy kreatiewe sy uit te leef. Hy is ook tevrede met sy besluit om Gansbaai vir die groot stad te verruil ten einde ‘n leefstyl aanpassing te maak. 

Die spyskaart by die Great White House bevat menige tradisionele en internasionale gunsteling geregte, en spesialiseer veral in vars seekosse. Een van die seekos geregte behoort op elkeen se ‘moet dit probeer’ lysie wees. Chris se uithaler vaardighede komplimenteer die pragtige fasiliteite van die Great White House en ‘n kwaliteit eet-ervaring sal reg laat geskied aan die uitsonderlike walvis skelet wat bo die gaste uittroon.

Bobaas Sjef by GWH

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant