BARC kwilt gewen

BARC kwilt gewen

Gansbaai Courant

Die pragtige 212cm x 165cm kwilt wat deur die Pearly Patchers Quilting Group van Pearly Beach aan BARC geskenk is, is onlangs deur Petra Maasdorp van Klipfonteyn gewen.

Die enorme kwiltwerk met kleurvolle diere-voorstellings daarop uitgewerk, is met behulp van lootjies gewen. “Ek is baie trots daarop, maar het beplan om dit mettertyd aan iemand as ‘n liefdadigheidsgeskenk te oorhandig,” het Petra gesê.  Annalie hou graag die volgende bedankings aan persone/instansies waar lootjies verkoop is (alfabeties) voor: Biblioteek, Bon Bon Materiale, Chicken Land, Deon Pitzer se kantoor, Die Petshop, Dr Liesel Trollope, Elsabe Schoombie, Factory Shop, Henty O'Callaghan, Needles & Pins, Petra Maasdorp (wenner), Rooi Bier in Pearly Beach (spesiale dank vir 8 lyste wat verkoop is), Salon Janine en Salon Tizelle. “Die pragtige bedrag van R4,020 is ingesamel en hierdie fondse gaan vir gratis sterilisasies aangewend word,” het Annalie Jonker van BARC gesê. “Die datum daarvoor sal later bekendgemaak word, maar intussen wil ons almal wat hierdie projek ondersteun het, van harte bedank.”

Foto: René Jacobs, bestuurder BARC 2hand Shop, het die pragtige kwilt aan Petra Maasdorp oorhandig.

BARC kwilt gewen

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant