BRANDWEERDAG BOU BETER BANDE

BRANDWEERDAG BOU BETER BANDE

Gansbaai Courant

Internasionale Brandweerdag is op Saterdag 3 Mei met ‘n reuse-saamtrek van Wes-Kaapse brandweereenhede en reddingsdienste op Hermanus gevier.

Brandweervoertuie en –personeel van die distriksmunisipaliteite Overberg, Weskus, Eden, Kaapse Wynland, Stad Kaapstad en die plaaslike owerhede van Overstrand, Stellenbosch, Drakenstein, Breede-vallei, Langeberg, en Hessequa het aan ‘n optog en demonstrasies deelgeneem. Ook spanne van die Nasionale Seereddingsinstituut en die Wes-Kaapse Mediese Reddingsdiens was teenwoordig. Ingesluit by die program was ‘n spanuitdaging wat deur die Eden-distriksmunisipaliteit gewen is. Drakenstein het die prys vir spangees gekry en Overstrand het sy naam die beste uitgebeeld. In ‘n kort erediens deur kapelaan Robson is die laaste eer bewys aan brandvegters wat hul lewens die afgelope jaar verloor het.

Volgens Overstrand-burgemeester Nico-lette Botha-Guthrie is brandbestryding die naas-gevaarlikste beroep in die wêreld, maar diegene wat daarby betrokke is het dit as ‘n bestaansnorm aanvaar en put vreugde daaruit om lewens te red, beserings te verhinder en rampe te voorkom. Elke edele saak in die geskiedenis is gerig deur die basiese oortuiging dat daar goedheid in die mens is. In die poging om lewens en eiendom te red, moet hoë vlakke van diens gehandhaaf word en dit verg toewyding en betrokkenheid. In die proses doen brandweerpersoneel jare van self-ontwikkeling en ervaring op. “Dit is nie ‘n normale werk nie, maar eerder ‘n lewenswyse waarvan die waardes in jou hart vasgelê word.  Die selflose dapperheid en integriteit van ‘n brandweerman word nie maklik deur ander verstaan nie en die algemene publiek is nie bewus hoe gedrewe die brandvegters is deur hul geloof in die mensdom, selfs onder die moeilikste van omstandighede nie,” het sy gesê.

Die Burgemeester het die hoop uitgespreek dat die verrigtinge van die dag beter begrip sal bevorder van wat dit verg om ‘n brandvegter of ‘n noodspesialis te wees.

Die Hangklip-area was sterk teenwoordig en Pringlebaai se brandweerwa was ook ‘n prominente deel van die uitstallings.

Wendy Tawse van Bettysbaai sê die dag se gebeure het haar beïndruk. “Ek glo dit kan net elke jaar groei en beter word.”

SSMA/Fanie Krige

Foto 1: ‘n Indrukwekkende drilvertoning is deur die Working On Fire-span gelewer.

Foto 2: Twee ou strydrosse van brandbestryding in Overstrand, Joe Schoeman en Riaan Jacobs, het die dag terdee geniet.

BRANDWEERDAG BOU BETER BANDE

SSMA Fanie Krige

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant