Blow the Whistle

Blow the Whistle

Gansbaai Courant

Laerskool Gansbaai het, met behulp van die leerders, die afgelope tyd ‘n suksesvolle projek geloods. “Ons het onder andere beplan om ‘n inligtingsessie in samewerking met Gansbaai SAPD te reël om leerders meer bewus te maak van die blaas van ‘n fluitjie in noodgevalle,” vertel mnr Eben van der Merwe, skoolhoof van Laerskool Gansbaai.

“Die projek het hoofsaaklik ontstaan ná die tragiese verhaal van die 17-jarige Anene Booysen van Bredasdorp wat gemartel en verkrag is en daarna vir dood agtergelaat is.” Met statistieke wat toon dat 3 vroue in Suid-Afrika verkrag word voor die ouderdom van 18, het die skool en leerders besluit genoeg is genoeg en almal het die reg om te lewe. Die “Blow the Whistle” projek is van stapel gestuur en fluitjies word teen R40 per fluitjie verkoop. Die breinkind agter hierdie projek is die Blou Bul en Springbok Skrumskakel, Francois Hougaardt.

In ‘n skrywe aan onder andere Gansbaai OK Foods, is die versoek gerig dat die Bestuur dit sou oorweeg om van die fluitjies vir hulle personeel aan te koop, of om ‘n donasie te maak ten opsigte van die aankoop van fluitjies vir leerders wat dit nie self kan bekostig nie. Gansbaai OK Foods se eienaars, Chris en Petra van Rensburg, het besluit om ‘n ruim bydrae van R1,000 te maak. Hierdie bydrae is alleenlik bedoel vir leerders wat nie self fluitjies kan bekostig nie. Op 12 Mei 2014 het mnr Van der Merwe persoonlik die tjek ten bedrae van R1,000 in ontvangs kom neem en sy opregte waardering daarvoor uitgespreek.. 

Hardus Botha

Foto: In die middel ontvang mnr Eben van der Merwe die tjek ten bedrae van R1,000 van Gansbaai OK Foods, Chris en Petra van Rensburg

Blow the Whistle

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant