Vrolike Birkenheaders

Vrolike Birkenheaders

Gansbaai Courant

Die vrolike Birkenheaders van die Birkenhead Boothengel-klub het voortgegaan met hulle maandelikse funksie, ongeag die boothengelkompetisie wat as gevolg van gure weersomstandighede afgelas is.  

Die borggeld ten bedrae van R500, wat deur Marie Reid van Marie's Boutique, Art & Beauty Shop geborg is, moes vir die volgende boothengelkompetisie oorstaan. Die smaaklike ete het uit sop as voorgereg bestaan, met die hoofgereg as sappige hamburgers, skyfies en slaai, met sago-poeding as nagereg. Manie van Dyk, ondervoorsitter, het die verrigtinge in die klub se voorsitter, Philip Fourie se afwesigheid hanteer.

Die gebruiklike geluktrekkings is weer eens deur Johan Wiese gereël, met Linda Kloppers wat die trekking van nommers hanteer het. Die gelukkige wenners van die twee bottels wyn was Tollie Thompson en Jan van Zyl.

Raymond Rabe het oudergewoonte sy bekende Musiekfabriek van vroeg af aan die gang gekry en tot laataand vir voetejeuk-musiek gesorg. Die einste Tollie is ook saam met haar eggenoot, John Thompson, gelukgewens met hulle 47ste huweliksherdenking die daaropvolgende Dinsdag, 27 Mei 2014. Kennis moet geneem word dat boothengelkompetisies nie meer noodwendig op die 1ste Saterdag van elke maand plaasvind nie.

Die volgende boothengelkompetisie is vir 14 Junie 2014 geskeduleer, wat die gebruiklike aandfunksie sal insluit. Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister, wedstrydsekretaris, by 082-895-7647 gerig word en Klubnavrae aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634.

Hardus Botha

Foto: Vlnr is Johan Wiese, Tollie Thompson, Linda Kloppers en Jan van Zyl na afloop van die gelukstrekking tydens die Birkenhead Boothengelklub se maandelikse funksie. Foto: Linda Kloppers

Vrolike Birkenheaders

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant