Dion Punt Ligatoernooi

Dion Punt Ligatoernooi

Gansbaai Courant

Dit word algemeen aanvaar dat 'n rolbalafrigter jou kan leer om 'n bal te rol wat die verlangde afstand sal rol.  Ons noem dit die regte gewig.  Hy of sy kan jou ook leer om die regte lyn te rol, want die bal sal altyd na die een of ander kant draai.  Ons noem dit die regte gras.

Daar is egter 'n faktor wat net die speler self kan baasraak en dit is die sterkte van 'nwind wat waai.  Verlede Saterdag tydens 'n toernooi waaraan spanne van Franskraal, Kleinmond, Hermanus, Caledon en Greyton by Hermanus deelgeneem het, was dit die geval toe 'n sterk noord-wester spelers se vermoë om by sulke winderige omstandighede aan te pas, tot die uiterste getoets het.

Die Dion Punt ligatoernooi is oor twee weke gespeel en elke klub het die geleentheid gekry om teen al die ander klubs te speel. Nadat die punte wat elke klub se spanne oor hierdie tydperk behaal het, bymekaar getel is, het dit geblyk dat Franskraal die beste daarin geslaag het om die wind op die laaste dag te tem en het hulle as die algehele wenner uit die stryd getree.

Die dag het ten spyte van die moeilike omstandighede goed verloop en Hermanus Rolbalklub word hartlik bedank vir die reëlings en verversings wat voorgesit is.

Welgedaan en geluk aan Franskraal Rolbalklub.

Una Conradie

Spanfoto:  vlnr Marius de Wit, Chris Malec, Wally Nimb, Jaco Swart, Pieter Conradie, Jan Fouche, Ivan Giles, Gideon Pienaar, Johan Fick,  Philip Malherbe, Kris Jooste en Pieter Beukes

Foto 2: Ivan Giles - President Franskraal en Ristoff van Wyk,  Sone 3 Verteenwoordiger Boland

Dion Punt Ligatoernooi

Una Conradie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant