Laagwaterbrug kry Ereplek

Laagwaterbrug kry Ereplek

Gansbaai Courant

Die ou laagwaterbruggie onderkant die Kraaiboschdam se uitloop op die Gansbaai / Bredasdorppad via Baardskeer-dersbos en Elim, gaan ‘n ereplek by die nuwe brug kry. “Ons beoog om ‘n deel van die ou bruggie, met die inskripsie “Uilenkraal Brug 1944” daarop, op ‘n ereplek by die nuwe brug aan te bring,” sê Herman Klomp, Resident Ingenieur. Die laagwaterbruggie het vir die afgelope 70 jaar as ‘n brug op daardie punt oor die Uilenkraalrivier gedien. Vele interessante staaltjies rakende die bruggie word vertel. Onder andere van motorbestuurders wat tydens groot reëns dapper genoeg was om oor die oorstroomde bruggie te ry, met die boere-gemeenskap wat telkens tot hul redding moes kom.

Twee veterane van hierdie omgewing, Neël en Aletta Groenewald, vertel met entoesiastiese herinneringe oor die bruggie se bestaansjare. “Gedurende 1994 het ‘n groot groep van ons, saam met Manie Groenewald en ‘n paar musiekmanne, die bruggie se 50ste verjaardag daar gevier,” vertel Aletta. “Musiek is gemaak en daar is gesellig op die bruggie saamgekuier.” Tien jaar later, gedurende 2004, is die bruggie se 60ste bestaansjaar op dieselfde gesellige wyse gevier. Tydens daardie geselligheid het ‘n paar gaste se hare behoorlik gerys met die verskyning van ‘n “spook” (Danie Fourie) op die bruggie, waaroor vandag nog gelag word. “Vanjaar wou ons die 70ste bestaansjaar van die bruggie vier en terselfdertyd afskeid daarvan neem, maar die groot reëns het ons planne in die wiele gery en intussen is daar ook met die bou van die nuwe brug begin,” vertel Aletta. “Nou is daar ‘n span wat ‘n groot geselligheid wil reël sodra die nuwe brug voltooi is - dan is dit sommer ons afskeid van die oue en inwyding van die nuwe.” Daar is reeds gedurende Oktober 2013 met die bou van die nuwe brug begin en Johan Kruger, Terrein Agent, meld dat ±45% van die konstruksie reeds afgehandel is. Die brug behoort teen September vanjaar voltooi te wees, onderworpe aan weersomstandighede. Johan sê daar is ±15 werkers by die projek betrokke en die grootste stuikelblok wat tot dusver oorkom moes word, is die rivier se water, insluitend syferwater en reën. Enkele interessante statistiese gegewens rakende die nuwe brug, is soos volg: lengte - 24m; breedte - 9.5m; hoogte by hoogste deel - 5m; hoeveelheid staal - 60t; Hoeveelheid beton - 890m3. “Vanweë ons beperkte toegang word alle beton met behulp van ‘n hidroliese betonpomp gepomp,” sê Johan. 

Betrokkenes by die projek is: Siviele Ingenieurs Kontrakteur - HAW & INGLIS Civil Engineering (Pty) Ltd; Terrein Agent - Johan Kruger; Algemene voorman - Morne Bradbury; Struktuurtegnikus - JP van Willig; Raadgewende Ingenieurs - HHO Africa; Resident Ingenieur - Herman Klomp; Assistent ingenieurs - Gavin Pike en Mugthar Petersen. Die projekspan se amptelike kliënt is die Wes-Kaapse Provinsiale Regering: Dept van Vervoer en Openbare Werke. Met verwysing na die algehele padbouprojek, meld Johan dat goeie vordering gemaak is en dat hulle optimisties is dat die massa grondwerke teen einde Junie vanjaar voltooi sal wees. “Daarna sal ons daarop fokus om die pad vanaf Septembermaand te begin seël, indien die weer ons sou toelaat. Ons kontraktuele einddatum is tans vir 8 Oktober 2015 geskeduleer, maar ons werk hard daaraan om die projek voor hierdie datum te voltooi,” het Johan Kruger gesê. “Ons bedank weer eens die gemeenskap vir al die geduld en goeie samewerking met al die ongerief en omstandighede wat ‘n konstruksie-projek van hierdie omvang teweegbring.”

Hardus Botha

Foto 1: Die ou laagwaterbruggie wat met die nuwe brug vervang gaan word, kort ná die groot reëns gedurende November/Desember 2013 toe die Uilenkraalrivier dit vir die laaste keer oorstroom het

Foto 2: Die nuwe brug oor die Uilenskraalrivier wat tans in aanbou is

Laagwaterbrug kry Ereplek

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant