Slim vang sy Baas

Slim vang sy Baas

Gansbaai Courant

 ‘n Pragtige groot, ligbruin boerboel het op Dinsdag, 3 Junie 2014 deeglik kennis gemaak met die uitdrukking: “Slim vang sy Baas”. Die goed versorgde hond het vermoedelik rondgedwaal op soek na kos en Burmar Civils Engineering in die Industriële gebied se gronde betree. Daar het hy op ‘n steen-geboude vullishok, “General Waste”, afgekom en doodluiters ingespring agter die reuk van die sakke aan. Wat Meneer nie geweet het nie, is dat die draaddeksel met ‘n houtpaal reggop gehou word…wat hy toe per abuis moes afgestamp het en die deksel het toegeklap…met hond-se-kind daarbinne. Louis van Schalkwyk het die toeklap van die deksel gehoor en ondersoek gaan instel. Die hond, wat waarskynlik verbouereerd in die hok gevoel het, het aggressief voorgekom en BARC is geskakel. BARC se Veldwagter, Antonie Jordaan en Gavin Hughes het tot die hond (of dalk die omstanders?) se redding gekom. Gavin moes van ‘n vangstok gebruik maak, aangesien die hond nie rustig wou raak nie. Die hond is na BARC se hokke geneem en het heel rustig voorgekom. Een van die werknemers, Piet Otto het Gansbaai Courant geskakel. “Minstens haal die hond die Courant,” was een van die werknemers se opmerking. Kort voor die ter perse gaan van hierdie berig, het Antonie laat weet dat die hond se eienaars hom dieselfde aand by BARC se hokke kom afhaal het.

Indiese Ringnek: ‘n Pragtige Indiese Ringnek  wat onlangs in die omgewing van Hoofweg 49, De Kelders gevang is, is in BARC se besit. Die eienaar van dié voël kan by BARC in hierdie verband navraag doen. Vir navrae en/of skenkings/donasies kan Annalie by 082-826-0631 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by maynestay@axxess.co.za. Vir diere-probleme en/of die aanneem van diere, kan Antonie Jordaan (Veldwerker) by 083-742-3903 geskakel word.

Hardus Botha

Foto 1: Gavin Hughes van BARC is besig om die hond versigtig met ‘n vangstok uit die steen-vullishouer te laat klim, waarna dit in die bakkie gelaai is

Foto 2: Die pragtige Indiese Ringnek wat aan BARC besorg is en na sy eienaar op soek is

Slim vang sy Baas

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant