Komposisie Kunstenaars en Fotograwe

Komposisie Kunstenaars en Fotograwe

Gansbaai Courant

Die alombekende kunstenaar en beeldhouer van Baarskeerdersbos, Niël Jonker, het tydens Gansbaai Fotografieklub se byeenkoms op Maandag, 2 Junie 2014 vir ‘n interessante aanbieding binne klubgeledere gesorg. Niël het die begrip “komposisie” (ordening van losstaande dele tot ‘n eenheid) vanuit ‘n skilder se perspektief teenoor die fotograaf se perspektief verduidelik en gedemonstreer.

“Die ooreenkoms tussen komposisie vir die kunstenaar en dié van ‘n fotograaf, is merkwaardig,” het Niël gesê. “As voorbeeld kan ek noem dat, wanneer ek iets oor skilder wil leer, besoek ek die biblioteek se fotografie-afdeling.” Niël vertel dat hy altyd buite in die opelug skilder en, ongeag weersomstandighede, nooit terugkeer voordat hy nie sy doelwit bereik het nie, selfs al sit hy in sy voertuig en skilder. Niël het foto’s van etlike van sy uitstaande skilderye vertoon en telkens op die komposisie wat daarin opgesluit lê, met foto’s van fotograwe vergelyk.

“Dit is moeilik om komposisie te verwoord, maar dit kom neer op die verhouding tussen die kunstenaar of fotograaf met sy onmiddelike omgewing,” het hy gesê. ‘n Sketsboek is vir hom van onskatbare waarde en hy maak eers sketse in verskillende stadiums - vanaf die raamwerk tot by die “een derde reël” van die toneel wat hy wil skilder. Niël se bekendheid is verweef in landskap-, stillewe- en figuurlike/beeldende skilderye, asook in beeldhouwerke. Dan bied hy ook broodmaak-werkswinkels aan. Die klublede was dit eens dat dit ‘n leersame aanbieding was en dat ‘n projek-besoek aan Baardskeerdersbos se pragtige omgewing, asook die B’Bos Kunsroete, ‘n goeie uitdaging vir die toekoms is.

Niël kan by 082-651-7414 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan info@nieljonker.co.za of besoek sy webtuiste by www.nieljonker.co.za. Die klub se volgende byeenkoms is ‘n sosiale byeenkoms om 18:15 vir 18:30 (wintermaande) op 16 Junie waartydens die kompetisiewenners aangewys sal word en hul pryse oorhandig sal word.

Vir navrae rakende Gansbaai Fotografieklub kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.

Hardus Botha

Christo Wessels, Niël Jonker, Clive Bailey en Marc du Plessis na afloop van Niël se aanbieding

Komposisie Kunstenaars en Fotograwe

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant