Fynbos Akademie se Breiprojek

Fynbos Akademie se Breiprojek

Gansbaai Courant

Annelize Zeelie van Fynbos Akademie, sowat 20km vanuit Stanford, vertel van ‘n pragtige pop-breiwerkprojek wat deur Moira Beeton en haar dogter, Yvonne Bauermeister van die Ladies Active in Stanford aangepak is.

“Dié twee dames het die allermoooiste popklere gebrei en gemaak vir die poppe van die grade R en RR kindertjies van ons skooltjie. Dit is iets wat mens sukkel om in die hande te kry - 'n kuns wat aan die uitsterf is.” Annelize het haar opregte waardering namens die kinders teenoor Moira en Yvonne uitgespreek. “Die kleingoed is in ekstase!” 

Gansbaai Courant het ‘n tyd gelede ‘n berig oor die ontstaan van Fynbos Akademie geplaas. Die Fynbos Community Foundation (FCF) is gedurende 2012 onder plaaswerkers as ‘n nie-winsgewende organisasie geregistreer. Wat gedurende 2011 as ‘n dagsorgsentrum bedoel was, het intussen na ‘n volwaardig laerskool uitgebrei.

Fynbos Akademie vorm die grondslagfase van Laerskool St Paul’s, maar funksioneer onafhanklik en onder toesig en gedeeltelike befondsing deur die FCF. Sy het destyds haar opregte waardering teenoor Koos en Joanie Smith van die plaas Langverwacht uitgespreek.

Vir navrae rakende die laerskool óf die fondsinsamelings-projek waarvoor Koos en Joanie Smith ‘n 1,000km fietstog in die Wes-Kaap aangepak het, kan Annelize by 074-333-4463 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by annelize.zeelie@gmail.com.

Hardus Botha

Foto: Yvonne Bauermeister (links) en haar moeder, Moira Beeton saam met van Fynbos Akademia se kinders

Fynbos Akademie se Breiprojek

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant