Bestuur jou finansiele risikos met oorleg in strawwe ekonomiese tye

Bestuur jou finansiele risikos met oorleg in strawwe ekonomiese tye

Gansbaai Courant

Verbruikers steier onder die druk van prysverhogings en sal streng volgens ’n begroting moet begin bestee, en terselfdertyd voorsorg moet tref om hul groot finansiële risiko’s te dek, sê Karin Muller, Hoof: Sanlam Groeimarkoplossing, na aanleiding van die vrystelling van die jongste Verbruikersprysindeks-syfers in Maart.

Hoewel inflasie net effens gestyg het van 5,8% in Januarie tot 5,9% in Februarie (net-net binne die SA Reserwebank se teiken van maksimum 6%), is die meeste verbruikers se ervaring moontlik anders, met inagneming van hul eie begroting en hoe hulle hul inkomste bestee.

Almal ervaar egter die realiteit van prysverhogings, sê Muller. “Afgesien daarvan dat verbruikers nog die rentekoersverhoging van 50 basispunte wat in Februarie aangekondig is probeer absorbeer, moet ons ook ons begrotings bestuur om ’n maandelikse styging van 1,1% in verbruikersinflasie te akkommodeer – met kospryse, brandstof en gesondheidsversekering wat die grootste oorsake van die opwaartse druk is.”

Muller sê die VPI toon dat voedselinflasie en nie-alkoholiese drank tot 5,4% gestyg het, vanaf 3,5% maar net twee maande gelede. Brood en graanprodukte het maand tot maand met gemiddeld 1,8% gestyg, supermieliemeel met 4,0% en witbrood met 2,6% op dieselfde grondslag.

Hierbenewens het die petrolprys in Februarie met 39c/l gestyg en ’n maandelikse styging van 2,9% in die petrolindeks veroorsaak. Dit bring jaarlikse petrolinflasie op 14,0% te staan vir die afgelope jaar – hoofsaaklik as gevolg van die styging van 20,4% in die olieprys en die rand se verswakking met 23,7% oor die tydperk.

Muller sê gesondheidsversekeringsfooie, wat in Februarie elke jaar nagevors word, dra ’n gewig van 7,9% in die verbruiker se mandjie en het met gemiddeld 8,3% gestyg.

Sy sê die taai ekonomiese toestande verg dissipline met persoonlike finansiële bestuur, om te verseker dat gesinne nie aan onnodige risiko blootgestel word nie. “In die soeke na ’n balans om die boeke te laat klop, kom ons maklik voor verskeie keuses te staan, en die geheim is om te bewaar wat jy het terwyl jy jou behoeftes bestuur.”

Muller sê gesinne is sterk van ’n broodwinner afhanklik vir oorlewing, en dit is noodsaaklik dat mense hul verpligtinge teenoor hul gesin voorop stel deur lewens- en ongeskiktheidsdekking aan te gaan.

“Dit is beslis nie ’n maklike taak om kop bo water te hou nie en dis dikwels makliker om die ontasbare voordele ter wille van ander behoeftes op te offer. Die risiko’s en trauma vir die gesin kan egter verpletterend wees indien ’n broodwinner sonder lewensdekking sterf, of arbeidsongeskik raak."

Bestuur jou finansiele risikos met oorleg in strawwe ekonomiese tye

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant