Napier staproete

Napier staproete

Gansbaai Courant

 “Lede van die Strand-Veld Voetslaanklub het verlede maand in die natuurskone Napier-omgewing gestap,” vertel Roelof Diener. “Dit was ‘n besonder mooi, helder en windstil dag en ons was so 10 stappers wat die klimroete aangedurf het, met Con van Eyssen as stapleier.”

Roelof sê die Grootberg Voetslaanroete begin by die kommunikasietoring en, alhoewel die bord te vertelle het dat dit 8km is en tot 3 ure kan duur, het die baie “oppe en affe” die stappers vir byna 4 ure besig gehou. Hy beskryf dié roete as die moeite werd en baie lekker. Daar was ook heelwat Proteas in blom wat hulle nie andersins te siene sou kry nie. Eerskomende Saterdag, 7 Junie word die pragtige Witvoetskloofroete aangepak. Die roete begin op die private landgoed agter die berge van Grootbos Privaat Natuurreservaat. Die mooi roete vorm deel van die voetslaanroetes wat daar agter die berge gemaak is. Baie moeite is gedoen om voetslaners tot diep in die kloof te neem en om verby watervalle te stap (en te rus). Die inheemse woud met groot inheemse bome is uit ‘n ander wêreld. Ná die houtbruggies en duidelike paadjie, begin die moeisame uitklim teen die berghang.

“Jy moet goeie stapskoene (verkieslik stewel tipe skoene, om jou enkels te beskerm oor die ruwe terrein) aantrek. Bring eie water en eetgoed saam. Soos ons ouer word, is die balans ook  meer problematies. Hiervoor het ek geleer dat ‘n wandelstok of kierie die stappery nog makliker maak,” sê Roelof. Die groep vertrek 8:00 vanaf die Toerismekantoor op Gansbaai Superspar se parkeerterrein. ‘n Donasie moet saamgebring word vir die persoon met wie jy saamry, asook ‘n ekstra donasie tot die instandhouding van hierdie pragtige wandelroete wat die Strand-Veld Voetslaanklub mag gebruik. “Ons dank gaan aan die trustees van die eiendom en dan veral ook teenoor Shaun Privett wat toestemming daartoe verleen het,” sê Roelof.

Die stapleier is Otto Boysen (028-384-1309 of 083-654-7540). Indien die reën die stappery verhoed, word die uitstappie na die volgende Saterdag uitgestel.

Hardus Botha

 Foto: ‘n Pragtige en natuurskone deel op die Napierstaproete.  Foto: Roelof Diener

Napier staproete

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant