Pinksterweek

Pinksterweek

Gansbaai Courant

Vanjaar se tema vir die jaarlikse Pinksterdienste was “Die werk van die Heilige Gees in ons Lewe”. Voortspruitend daaruit was enkele insiggewende sub-temas wat om die beurt deur dr Bobo van Zyl, ds Dirk van Dyk en dr Liesel Joubert aangebied is: Die Heilige Gees en die gemeenskap van die gelowiges; Die Heilige Gees en ons heiligmaking; Die Heilige Gees en ons regverdigmaking; Die Heilige Gees en ons roeping (God roep my; God roep die Kerk); Die Heilige Gees en volharding.

Die bekende NG Kerkkoor onder leiding van Aletta Lochner en met orrelbegeleiding deur Annelene Reinke, het tydens twee geleenthede die pragtige Paaslied, “Kom Heilige Gees”, gesing. Die week se offergawes was ten bate van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Die Pinkstermaal is begin met eg-kinderlike sang deur Laerskool Gansbaai se Gr 1 en Gr 2 leerders, onder leiding van Alana Louw en met klavierbegeleiding deur Jeannette Pretorius.

Pinksterweek is met Sondag se Pinksterdiens deur dr van Zyl met die boodskap, “Die begeerte om ‘n beter Christen te wees”, afgesluit.

Hardus Botha

Foto 1: Die Gr 1 en Gr 2 leerders van Laerskool Gansbaai met hulle pragtige kooroptrede tydens die NGK-gemeente se Pinkstermaal verlede Vrydagaand

Foto 2: Samesyn na afloop van Pinksterweek tydens die gebruiklike Pinkstermaal met verskeie soppe en brood  wat deur  die Uitreikaksie aangebied is

Pinksterweek

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant