Tokreenkuns

Tokreenkuns

Gansbaai Courant

 “Ek is sedert my aankoms hier in 2000 maar met die kunste deurmekaar en het nog altyd van my eie studio gedroom,” vertel Michelle Fourie van Needle & Pins in die Great White Junction. Verlede Saterdag is Michelle se droom verwesentlik met die inwyding van haar studio, Izinki, wat sinkplaat beteken.

“Ek moes lank spaar om die studio te kon bou en vir ekstra fondse het ek prente op sinkplate geskilder wat ek verkoop het, vandaar die naam Izinki vir my studio,” vertel sy. Die belangstelling was so groot met haar eerste aanbieding dat sy net 16 leerders kon akkommodeer en die res vir eerskomende Saterdag moes geskeduleer. Dit is ‘n 1-dag kursus en Michelle het op Tokreenkuns gefokus, wat daarop neerkom dat elke dame enige item, in hierdie geval ‘n skoen, kon kies om ‘n kunstige ornament van te maak. “As deel van my droom vir my eie studio, was dit ook my droom om dames uit te lig uit hul persoonlike- of werksomstandighede deur hulle die bevrediging van die kunste-wêreld te laat ervaar,” sê Michelle. “Sodoende kan hulle ervaar dat hulle iets daadwerkliks bereik het en goed oor hulself voel wanneer hulle hier uitstap.”

Vir navrae kan Michelle Fourie by 082-425-8901 gekontak word.                                 

Hardus Botha

Foto: Die groep opgewonde tokreenkuns-“studente”, met Michelle Fourie wat regs teen die muur staan

Tokreenkuns

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant