Teenvoeter vir Boorinsek

Teenvoeter vir Boorinsek

Gansbaai Courant

Met verwysing na vorige berigte rakende die vyeboom boorinsek in Gansbaai Courant, meen Eddie Munnik van Pearly Beach Oord dat hy op ‘n teenvoeter daarvoor afgekom het - sy bewyse is die dooie larwes.

Die middel waarna hy verwys, is Sipermetrien, met die volgende twee aktiewe bestanddele: Cypermethrin (Pyrethroid) 200g/l en Sipermetrien (Piretroïed) 200g/l.

“Ek het dié insektedoder sowat 8 jaar gelede by die Paarl se Korporasie gekoop en dit sedertdien vir alle vorme van insekte en peste op my groentes, olyf- en ander bome gebruik, sonder enige newe-effekte,” vertel Eddie. Die vyeboom boorinsek, waarvan hy die artikels in Gansbaai Courant gelees het, het ook sy vyeboom aangeval. Hy het besluit om sy Sipermetrien ook daarvoor aan te wend en is baie tevrede met die effektiewe resultate wat hy bereik het. Sy vyeboom het sodanig herstel dat hy die afgelope seisoen gereeld van die vye moes weggee. ‘n Kennis van hom in die Paarl, wat die gifstof by hom aanbeveel het, het dit met groot sukses selfs op sy granate en kwepers gebruik. Gansbaai Courant het Agri Overberg in Stanford in hierdie verband gekontak, en Myriam Cotton, Kwekery Vloerbestuurder het die navraag aan Ingrid Bedford, Reguleringsbeampte van Efekto gestuur. Ingrid het die volgende gesê: “Die saak is reggestel, indien die produk nog beskikbaar was sou dit Karbasol gewees het wat geregistreer was op die kewers in die algemeen, maar mense moet versigtig wees om nie aanbevelings te maak wat nie geregistreer is vir die doel nie. Wet 36 sal baie streng teen sulke mense optree.”  

‘n Afgetrede gifstofkenner het weer eens beklemtoon dat daar nie ‘n spesifieke middel vir die kewerstadium van die vyeboom boorinsek bestaan nie en in Eddie se geval was dit die larwes wat effektief deur sy middel gedood is. Dit blyk egter sonder twyfel dat die middel waarna Eddie verwys, volgens Efekto nie meer vervaardig word nie.  

Hardus Botha

Foto: Eddie Munnik van Pearly Beach by sy gesonde vyeboom, met die insekdoder Sipermetrien in sy hande

Teenvoeter vir Boorinsek

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant