Andries se 28.8kg Kabeljou

Andries se 28.8kg Kabeljou

Gansbaai Courant

Andries Carsten, ‘n lid van die Birkenhead Boothengelklub, was Saterdag, 8 Junie 2014 baie opgewonde oor sy pragtige kabeljou van 28.8 kilogram.

Andries kon vir die afgelope 2 jaar weens sy gesondheid nie see toe gaan nie, wat hierdie vangs van hom des te meer besonders vir hom gemaak het. Hy het saam met skipper Johan Burmeister en Philip Fourie, ook Birkenheaders, op Johan en Gawie Krugel se boot, Nu-Nu by die Modergate gaan boothengel. Andries het twee kabeljoue, 18kg en 28.8kg ingetrek, met Johan wat ook baie goed gedoen het met sy twee kabeljoue van 17kg en 18kg. Jammer vir hierdie Birkenheaders dat hierdie kabeljoue slegs ‘n week voor die Birkenhead Boothengelklub se kompetisie op Saterdag, 14 Junie gevang is. Dit sou sekerlik amok tussen die boothengellede se kompetisie-vangstes veroorsaak het. 

Hardus Botha

Foto: Links staan Johan Burmeister met sy twee kabeljoue, met Andries Carstens regs met sy twee kabeljoue wat hulle verlede Saterdag gevang het

Andries se 28.8kg Kabeljou

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant