Gansbaai Courant

Blog: Toerismewa besoek Gansbaai

Published: 19 June 2014
By:Hardus Botha

Kaapstad Toerisme het ‘n nuwe bemarkingsvoertuig waarmee hulle op Dinsdag, 10 Junie by Gansbaai aangedoen het. “Die voertuig is volledig toegerus met verskeie bemarkingstoerusting, soos brosjures en ‘n TV-skerm met WIFI internet-toegang (sosiale media), asook ‘n Computicket besprekingskantoor,” vertel Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme. Die bemarkingsbeamptes neem die voertuig na verskeie dorpe, vertonings, winkelsentrums en feeste in die omgewing.

“Before they embarked on this road trip, the Tourism Bureaux were asked to source prizes and a number of Gansbaai Tourism’s members sponsored vouchers. A competition was then uploaded onto their Facebook with pictures of each town that they visited and people had to say where the mobile unit was each time to stand a chance to win the prize. Prizes from Gansbaai included accommodation, a shark cage dive, a meal voucher and a 4 day hike.” Die mobiele voertuig het buite die Great White House in Kleinbaai vir sowat ‘n uur parkeer en met Toerisme produkeienaars en toeriste gesels. “Die bemarkingsvoertuig word as ‘n wonderlike inisiatief beskou en Gansbaai, asook ander dorpe in die Cape Whale Coast area, kry waardevolle bemarking wat hieruit voortspruit,” sê Glenda.

Gansbaai Toerisme Buro se besoektye is Maandae tot Vrydae 09:00-17:00, Saterdae 09:00-16:00 en Sondae 10:00-14:00. Vir opdatum toerisme gebeure en interessanthede, kan hulle by 028-394-1439 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan gansbaaiinfo@telkomsa.net.

Webtuistes is:  www.gansbaaiinfo.co.za of www.gansbaai.com.

Hardus Botha

Foto: Die Toerismewa van Kaapstad Toerisme, met agter vlnr Rayaan, Kelly en Zuraya, met voor vlnr Gansbaai Toerisme se Doulene Els en Glenda Kitley

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...