In Memoriam Lily Hulme

In Memoriam Lily Hulme

Gansbaai Courant

Wyle Lily Magdalene (Lily) Hulme van De Kelders is op Vrydag, 15 Junie 2014 in die ouderdom van 87 jaar en enkele maande oorlede. Lily was tot onlangs toe nog gesond, maar is ná ‘n ligte hartaanval sowat ‘n maand gelede, oorlede.

Sy is op 18 Januarie 1927 in Philippi op die Kaapse Vlaktes gebore, waar sy ook grootgeword het en met wyle Jan (Johannes) Hulme in die huwelik bevestig is. Lily, met die Duitse nooiensvan van Abeln, was die 2de geslag van die Duitse Abeln-familie wat vanaf Duitsland na die Oos-Kaap moes gaan. Hulle is egter “per abuis” in Philippi afgelaai waar hulle letterlik met geen besittings met ‘n nuwe lewensbestaan moes begin.

Wyle Jan en Lily het gedurende 1952 in Philippi met ‘n familie-besigheid in die vervoerwese, JGS Hulme Vervoer, begin. Sy het sedert 1952 as sekretaresse in die familie-besigheid gewerk - tot en met hulle aftrede aan die einde van 1974. Direk daarna het die egpaar gedurende Januarie 1975, bykans 40 jaar gelede, na De Kelders verhuis, waar wyle Jan haar sowat 32 jaar gelede in die ouderdom van 55 jaar ontval het. Die egpaar het 3 seuns in Gansbaai: Johan Hulme, getroud met Elcine; Willie Hulme, getroud met Patsy; Frans Hulme, getroud met Caroline. Dan het sy ook ‘n dogter, Marie, getroud met Pietie Görgens van Brackenfell. Sy was geseën met 9 kleinkinders en 9 agterkleinkinders. Lily laat haar 3 seuns, 1 dogter, skoonkinders, 9 kleinkinders en 9 agterkleinkinders agter.

‘n Roudiens vir Lily word op Saterdag, 21 Junie 2014 in die NG-gemeente deur ds Dirk van Dyk gehou.

Hardus Botha

Foto: Wyle Lily Hulme wat onlangs oorlede is, met een van haar agterkleinkinders op haar skoot

In Memoriam Lily Hulme

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant