Kom nou weer by Black Leaves

Kom nou weer by Black Leaves

Gansbaai Courant

 Black Leaves van Gansbaai se wind was mos verlede week behoorlik uitgeduik deur Worcester (Hamiltons). Die vraag is net, hoe goed het hulle daarna herstel om komende Saterdag, 21 Junie die Koue Bokke-velders, Hamlets, van Ceres aan die brand te speel hier op Gansbaai.

Terug na die spel rugby wat gemeenskappe bymekaar bring. Sal die Baai Saterdag vir mekaar moet speel en die stigma van die verlede wat nog vasklou, vergeet? Daar kan verwag word dat die Baai se 3de span hul ongeskrewe rekord, wat tuis teen Worcester skade gely het, wil regstel. Jy soek nie na hulle nie - hulle is altyd daar, maar dit is gewoonlik hierdie tyd van die seisoen wanneer amateurrugby op dorpe sy wind verloor. Dit lyk of Black Leaves se tweede span hul tans in die wildernis van rugby bevind.

Black Leaves soek graag weer sy premierliga-status terug, wat nie onmoontlik is nie. Met nog twee ligawedstryde oor in die eerste helfte moet jy dit glo dat hierdie span van die Baai beslis in 'n ander rat sal spring. Black Leaves se A-span daag nog nie op soos 'n span met die meeste senior ervaring teenoor die ander spanne in hul afdeling nie.

O ja, die Baai het nog goeie potensiële kanse om goed te eindig onder die eerste vier vir uitspeelwedstryde. Dit is juis daar waar hierdie span onstuitbaar kan wees soos in die verlede, maar om deur 'n agterdeur te speel kan nogal veeleisende faktore tot gevolg hê.

Hier is 'n sein wat moet uitgaan: nog net een swak vertoning deur die A-span (spesiaal) en onmiddelike herstruktuering sal moet plaasvind. Daar sal van 'n kant af gekyk moet word, byvoorbeeld “onder na bo of andersom” van wat gaan fout wees. Die feit is dat daar nie 'n tekort van spelers op die dorp kan wees nie. Huiswerk, huiswerk en nogmaals huiswerk. So, Morné Bradbury en Michael Vermeulen (afrigters), die vergrootglas is op julle. (Vir eers voorspoed vir Saterdag teen Hamlets.)

Weet julle wat - die alomteenwoordige Gregory Brett (alias Yster) sal die hele seisoen buite aksie wees weens 'n selfverdedigingsaanval wat hy moes afweer en sodoende met tientalle steke in die voorarm sit.

So sê Bra "G"

Kom nou weer by Black Leaves

So se Bra G

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant