Gansbaai Courant

Blog: Gansbaai Gholfnuus

Published: 19 June 2014
By:Jannie Brandt

Eerstens geluk aan die volgende gholfers met hul verjaarsdae:  me P Viljoen (15) en Z Zellmann (16), die president van die klub, Johan Coetzee (17), J Demes (17), Wolfgang Walther (20), Wessel Wessels (24), Johan Kruger (23) en Wilhelm Naude (29).  

WOENSDAG 11 JUNIE : Die manne is terug. Fantastiese  tellings is ingebring. 1. Daan Victor 42 punte (bruto 76). 2. Charlie Bent 40  (bruto 74). 3. Royce Woods 39. 4. Dawie Rossouw 37 en George Hunt ook 37.  Spogtwees : R  Woods, S Neethling, R Jerrard en Bev Swart. Naaste aan die penne: Sextus Neethling, Charlie Bent en Steve Muller.

VRYDAG 13 JUNIE (9 PUTJIES) : D van der Merwe (telling 21) wen, en tel vir Solly Wessels en J Pieterse uit, beide met 21 punte. Lambert Smith was vierde met 20 punte.  

SATERDAG 14 JUNIE : Net vier  spelers het die weer getrotseer. Hulle moes egter na nege ook die handdoek ingooi. Bev Swart, George Hunt, Andre Roos en Frikkie van Eeden het soos natgereënde hoenders van die baan afgestap. Hulle het ook in daardie volgorde geëindig. Onthou die trekking Vrydagaand en hierde keer gaan Toekie ons verras met gevulde kerrie- vetkoek asook pampoenkoekies soos ons oumas dit gemaak het (kaneelsuiker).  

VOLGENDE STEAKAAND  4 JULIE  BESPREEK  EN MAAK SEKER VAN JOU PLEK ! GHOLFGROETE.

Jannie Brandt

GANSBAAI Gholfklub / Golf Club
Tel: 028 384 1441

Fax: 028 384 1225
E-mail:
gbgholf@gmail.com

Recent Posts

DAFF konfiskeer 2 ru...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Na aanleiding van die gereelde klagtes rakende per...

A huge welcome to ou...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

The Mammal Research Institute Whale Unit conducted...

James Roux se dood '...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

‘n Bekende eiendomsagent James Roux van Gans...

Hulle stap vir verlo...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Twee ware Dapper Stappers, Tommy Beeslaar (48) en ...