Die water is baie wisselvallig

Die water is baie wisselvallig

Gansbaai Courant

Met die water wat onstuimig is is die seetoegaandae weer aan die min kant, hoewel dit laas Vrydag en Saterdag heel aangenaam was. Al wat werklik genoem kan word is die mooi silwervis wat gevang was. Ordentlike romanne is darem ook aangekeer en ook heelpaar hotties, hoewel hulle ook nie juis wild aan die byt gegaan het nie. Wat met my gebeur het was dat ‘n redelike mooi  vis aan die hoek (deur ‘n haai?) afgehap is en ek net met die kop aan bly sit het. Dis lelike goed daai! Baie manne se oë was vasgenael op die seewater met die idee dat die snoek sy opwagting moet maak, maar verniet!

Ek het ‘n baie interessante rede vir die afwesigheid van die snoek verneem en dit is dat die seebodem hier by ons nie vir die snoek op die oomblik aanvaarbaar is nie. Totdat dit verander is die kanse skraal dat hierdie vis hier sal opdaag. Miskien is daar ‘n meer aanvaarbare verklaring. Dis nou buiten die normale verskoning oor weerstoestande. Normaalweg dop die snoekies by Kleinmond en Hermanus uit voor ons ‘n beurt kry, maar daar is mos altyd die uitsondering. Daar word steeds by bote ingebreek en dit lyk asof die teiken die vol petroltenks is. Ook die batterye is nie veilig nie. In een geval is by die skipper se huis ingekom en sy kamera gesteel   --  en dit terwyl hy en sy vrou in die huis geslaap het. Indien dit nie moontlik is om jou boot weg te bêre en toe te sluit nie, wees asseblief voorbereid op so ‘n skelmsteek.

Einde van die naweek het die water gewys dat geen hengelaar dit eers moes oorweeg om see toe te gaan nie. Ek hou daarby dat, sodra die see dit toelaat, die vis sal beginne byt. Hoe lank kan dit nou duur? 

Groete, Seemeeu

Die water is baie wisselvallig

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant