Gansbaai Courant

Blog: 2013/2014 seisoen se laaste toernooi

Published: 19 June 2014
By:Pieter Conradie

Op 7 Junie 2014 het Franskraal Rolbalklub sy laaste toernooi van die 2013/2014 seisoen aangebied.  Dit was 'n ope driespel waaraan elf spanne van elders (Ceres, Caledon, Kleinmond, Hermanus en L’Agulhas) en nege spanne van Franskraal deelgeneem het.  Hierdie tyd van die jaar is dit altyd moeilik om 'n toernooi te reël omdat die winterweer byna onvoorspelbaar is. Die toernooidag het aangebreek en dit was asof die elemente wou hê dat die dag suksesvol moet wees en 'n amperse herfsdag het 'n volle dag se rolbal moontlik gemaak. Franskraal Rolbalklub is dankbaar vir die ondersteuning van rolbalspelers van elders wat ingeskryf het, asook vir die volgehoue jarelange borgskap van Gansbaai Marine

Die wenners van die toernooi was soos volg: Garth Thiel en sy span van L’Agulhas was eerste met 39+38 punte met Nico Kriel en sy span van Caledon in die tweede plek met 37+36.  Franskraal se Tommie van Niekerk, Mike Puttick en Henk van der Walt het in die derde plek geëindig met 36+42. Tot volgende seisoen.

 Pieter Conradie

Foto: Die L'Agulhasspan is as die algehele Gansbaai Marine Borgdag wenners gekroon vlnr :  Jacques Prins, Garth Thiel, Thabo Thiel (Jnr), saam met Franskraal president, Ivan Giles

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...