Veteraan Oubaas bly bobaas

Veteraan Oubaas bly bobaas

Gansbaai Courant

“Overberg Kushengel se veteraan kushengelaar (al hengel hy nie meer nie), Oubaas Lesch, het weer eens ‘n pragtige wenvis ingeweeg,” skryf Elba Tredoux van die klub.

“Volgens sy seun, Johan, het hulle almal saam in dieselfde gate gehengel - met dieselfde aas, maar Oubaas was die gelukkige - of bedrewe - een om ‘n Mosselkraker van 5.66kg te haak.”

Die tweede grootste vis van die dag was ‘n galjoen van 1.58kg van Sihan Toua. Elba sê die weer het pragtig saamgespeel en die hengelaars was “begeesterd”, maar die see het maar effentjies gegee”. Vermoedelik het die naderende kouefront alles daarmee te doene gehad. Dit het egter nie die hengelaars se vermoëns of geesdrif gedemp nie. “Gelukkig het die Springbokke darem ook die harte warm gemaak en almal het eers saam na die wedstryd gekyk voordat die visse ingeweeg is.”

Die borge vir die dag word weer eens hartlik bedank: Gansbaai Matte en Blindings, Fish Fever, Boland Sport, Bon Bon, Fish Barrel, Gansbaai Car and Boat Wash en Overstrand Makelaars.

Overberg Kushengel se volgende kompetisie sal op Saterdag, 12 Julie 2014 plaasvind.

Belangstellendes of besoekers is welkom om deel te neem of aan te sluit. Vir navrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 028-384-1333 of 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

Hardus Botha

 Foto: Veteraan Oubaas Lesch met sy 5.66kg Mosselkraker

Veteraan Oubaas bly bobaas

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant