Dillon pro HaS

Dillon pro HaS

Gansbaai Courant

Die gewilde Afrikaanse sanger, Dillon Lerm, is beslis pro-HaS. Hy tree op Saterdagaand, 5 Julie om 19:00 in die Pretoriussaal ten bate van Herberg-aan-See op.

“Kultuur, musiek en vermaak was nog altyd deel van my lewe - van jongs af - grapgat, stoutgat en gesigtrek was nog altyd deel van my,” vertel Dillon, wat vanaf 1999 tot 2010 in Hermanus gewoon het. Hy is in Bloemfontein gebore en het 18 jaar van sy lewe daar spandeer. Vroeg in 2009 het hy met sy musiek-debuut in die Afrikaanse musiekbedryf gemaak. Met sy natuurlike charisma en treffende lirieke lewer hy ‘n bydrae tot die totale pakket van ‘n kunstenaar. Hy beskou hom ook as ‘n “natural” agter die mikrofoon en vertolk graag die rol van seremoniemeester, “met meeste van die tyd skoon grappies!” Veral sy gewilde Emma’s Song en Trane van Genade, maak van hom ‘n ware ster. Hy word as ‘n diep mense-mens wat omgee en sy hart en tyd vir sy aanhangers aanbied, beskou.

Sy sprankelende verhoogpersoonlikheid maak ook van hom ‘n baie gewilde kunstenaar, asook seremoniemeester by verskeie feeste en skoue, soos die KKNK, Hartenbos ATKV, Bonnievale Bonanza en die Bloemfontein Skou. Hy deel ook al hoe meer die verhoog met groot name in die musiekbedryf, soos Kurt Darren, Gerhard Steyn en Theuns Jordaan en was die Tygerburger se lesers se eerste keuse met ‘n stemtotaal van sowat 3,300 stemme. Kaartjies, ten bate van Herberg-aan-See, beloop ‘n skrale R50/persoon en is by HaS (028-384-0501) gedurende werksure beskikbaar. Hester Venter, organiseerder van Dillan se optrede, kan ook by 082-439-6256 vir kaartjies geskakel word - Saterdag, 5 Julie 2014 om 19:00 in die Pretoriussaal.

Hardus Botha

Foto: Dillon Lerm wat eersdaags in die Pretoriussaal gehoor kan word, alles ten bate van Herberg-aan-See

Dillon pro HaS

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant