Trotse kompetisiewenners

Trotse kompetisiewenners

Gansbaai Courant

Die eerste helfte van Gansbaai Fotografieklub se interne fotokompetisie se wenners is op Maandag, 16 Junie 2014 aangewys.

Die tema was “weerkaatsings” (“reflections”) en uitstekende foto’s is beoordeel en aan die lede vertoon. 15 klublede het altesaam 37 foto’s vir die kompetisie ingeskryf en die koördineerder was Marc du Plessis. Die beoordelaar, Max Leipoldt van Hermanus Photo Society, het etlike punte van kritiek aan die lede uitgewys. Tydens die vertoon van die foto’s het Max insiggewende en leersame inligting oor sy finale besluite aan lede oorgedra.

“Die beoordeling het in verskillende fases geskied, totdat ek by die finale groep van 8 foto’s uitgekom het en al die foto’s was net aan nommers gekoppel en nie aan persoonsname nie,” het Max gesê. Linda Kloppers se foto is as die algehele wenfoto aangewys.

Die wenners van die kompetisie, asook hulle opwindende pryse en gewaardeerde borge daarvan, is: 1ste - Linda Kloppers (Walvisboot-rit vir 2 [R1,600], geborg deur Ivanhoe Sea Safaris); 2de - Jane Bailey (Walvisboot-rit vir 1 [R850], geborg deur Dyer Island Cruises); 3de - Clive Bailey (Kamerasak [R800], geborg deur ORMS); 4de - Jane Bailey (R300 koopbewys, geborg deur Junior Krüger van Tiekiedraai); 5de - Marc du Plessis (R150 koopbewys, geborg deur Tuscany’s Coffee Shop); 6de - Marc du Plessis (R100 koopbewys, geborg deur Sportzone); 7de - Veronica du Plessis (3-bottelwyn geskenkpak, geborg deur Walker Bay Liquors); 8ste - Clive Bailey (2-bottelwyn geskenkpak, geborg deur Bblondes Restaurant).

Dan was daar ook 4 gekonsolideerde pryse van R50-koopbewyse, geborg deur Gansbaai OK Foods. Die wenners daarvan was Kobus van Staden, Christo Wessels, Hugh-Daniel Grobler en Marc du Plessis. “Ek beskou die verloop en finalisering van die kompetisie as uiters suksesvol en ook leersaam,” het Christo Wessels, voorsitter gesê. Dan het Gansbaai OK Foods ‘n pragtige Wisseltrofeë vir die klub se interne kompetisies geskenk en geborg, met groot waardering teenoor hulle.

Gideon Jansen van Vuuren, Bestuurder: Gansbaai OK Foods, het die trofee aan Linda Kloppers oorhandig. Vir klubnavrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.

Hardus Botha

Foto : Die trotse kompetisiewenners van Gansbaai Fotografieklub, met voor vlnr Deon Kloppers (nms Linda Kloppers), Veronica du Plessis, Clive en Jane Bailey en Marc du Plessis. Agter vlnr is Gideon Jansen van Vuuren van Gansbaai OK Foods, Christo Wessels en die beoordelaar, Max Leipoldt.

Trotse kompetisiewenners

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant