Sterilisasietyd

Sterilisasietyd

Gansbaai Courant

BARC se volgende gratis sterilisasie-veldtog vir honde en katte is vir die week van 7 Julie 2014 gereël.

‘n Mobiele voertuig sal ingespan word en die datums is soos volg: 7-8 Julie - Blompark se sportgronde en 9-10 Julie - Masakhane se gemeenskapsaal, met 11 Julie se plek wat nog bevestig sal word. Die sterilisasies sal gratis uitgevoer word, maar slegs aan huishoudings met ‘n inkomste van R4,500 per maand of minder en bewys van inkomste moet getoon word. Honde moet aan leibande wees en katte in hokke/mandjies. Intussen is verneem dat dit klopdisselboom met BARC gaan, behalwe steeds vir die nood vir donasies of skenkings, waarsonder hulle nie kan bestaan nie.

Nog uitbreidings aan BARC se hokke is in die vooruitsig gestel en inwoners wat na die vullisterrein ry, sal opmerk dat “BARC” in yslike letters op die betonmure aangebring word. “Ons tweedehandse winkel op die hoek van Hoof- en Korporasiestrate doen ook goed, maar ons bly steeds afhanklik van die skenking van enige tweedehandse items van watter aard ookal,” sê Annalie Jonker van BARC. Vir enige navrae en/of skenkings/donasies aan BARC, of vir vervoerprobleme van honde na die onderskeie punte van sterilisasie, kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word.

Vir diere-probleme en/of die aanneem van diere, kan Antonie Jordaan (Veldwerker) by 083-742-3903 geskakel word.

Hardus Botha

Foto: Jammer, ou maat, maar die veearts sal nou-nou klaar wees en dan is jy weer perdfris en op-en-wakker

Sterilisasietyd

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant