Bietoubossers betrokke by Winternood

Bietoubossers betrokke by Winternood

Gansbaai Courant

Die Bestuur van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders pak jaarliks liefdadigheidsprojekte aan. Onlangs het hulle op ‘n winter-liefdadigheidsprojek besluit en ‘n versoek oor wat hulle kan doen om te help, is aan Diens van Barmhartigheid gerig. Hulle is meegedeel dat dit gereeld gedurende winterskoolvakansies gebeur dat altwee die ouers werk en dan is die kinders aan hulself oorgelaat om iets te ete vir middagete te kry. So het die gedagte ontstaan om ‘n pakkie op te maak met onder andere aanmaak-sop of pakkies lekker noedeltjies wat net warm water benodig, asook derglike eetgoedjies vir die winterkoue en winteralleenheid.

“Nodeloos om te sê, die Bietobossers se warm harte het behoorlik op loop gesit en nadat die ouderdomme van die kinders bepaal is, het hulle gedagtes vlerke gekry,” vertel Francia van Dyk. “Die klein gedagtetjie het groot welwillendheid opgelewer en hierdie pakkies sal hopelik die winterkoue vir 'n paar kinders verdryf - Dankie Betoubossers!” Hierdie projek kan nou ook uitgebrei word na ander rolspelers vir ‘n soortgelyke pakkie vir bejaardes wie se pensioene veel te wense met die stygende pryse laat. “Al kan ons nie almal bereik nie, kan ons tog ‘n paar se harte hierdie winter warm maak met winterwarmpakkies.”

Belangstellendes vir hierdie mooi gebaar, waarvan die Bietoubossers ‘n pragtige voorbeeld gestel het, kan vir Francia van Dyk by 028-384-0262 skakel.

Hardus Botha

Foto: ‘n Deel van die groot bydrae vir die Winternood onder kinders, wat deur Gansbaai se Bietoubossers opgemaak en geskenk is

Bietoubossers betrokke by Winternood

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant