Praktiese opleiding

Praktiese opleiding

Gansbaai Courant

Die twee kursusse wat deur Suster Iréne de Waal van Carpe Diem Opleiding Sentrum in Caledon gereël word, begin reeds op 14 Julie vanjaar.  Kennis moet geneem word dat dit by Silwerjare Dienssentrum aangebied sal word en nie, soos op die aansoekvorms aangedui, in die Blompark Gemeenskapsaal nie.

Die volgende datums is van belang: 14 tot 25 Julie - Huisbestuur (R600) en 28 Julie tot 15 Augustus - Tuisversorging (R1,400). Praktiese opleiding sal vir die tydperk 18 tot 29 Augustus aangebied word.

Die Huisbestuurkursus behels onder andere was, stryk, diere- en plantversorging, verskeie huishoudelike etikette, ekonomiese voorbereiding van etes, selfbeeld, konflikhantering, kindersorg en veel meer. “Die Huishoudingkursus word met Tuisversorging gekombineer om studente in staat te stel om ‘n verswakte pasiënt tuis te kan versorg, wat algemene huishoudelike take sowel as persoonlike versorging insluit,” sê Iréne.

“Van die 17 studente wat gedurende Januarie tot Maart 2014 in Villiersdorp opgelei is, het 9 reeds werksgeleenthede danksy hulle opleiding ontvang.” Inskrywingsvorms is by Gansbaai Courant beskikbaar.

Suster Iréne de Waal is reeds 18+ jaar by opleiding en werkskepping in die Wes-Kaap betrokke en sy kan vir advies rakende pligte, besoldiging en werksure van Tuisversorgers, asook vir bogenoemde kursusse by 028-212-1138 of 071-125-4704 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by carpe-diem@vodamail.co.za.

Hardus Botha

Foto: Studente wat gedurende Januarie tot Maart 2014 in Villiersdorp opgelei is

Praktiese opleiding

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant