Buurvrouens kuier by Bietoubossers

Buurvrouens kuier by Bietoubossers

Gansbaai Courant

 “Tydens ons byeenkoms van 10 Junie vanjaar, is die snerpende koue nie net deur heerlike sop, sjerrie en ‘n verskeidenheid van broodjies afgeweer nie, maar ook deur die warmte in ons harte wat ons gasspreker voor gesorg het,” vertel Elizma van die Bietoubos Damesklub van De Kelders en Perlemoenbaai.

Elizma sê twee buurvrouens vanaf Durbanville het heerlik by hulle gekuier - Julia Fourie, ‘n jarelange vakansieganger by hul strandhuis op Kleinbaai het haar buurvrou en vriendin en vryskutskryfster, Jacqueline Levennink, aan die Bietoubossers kom voorstel. “Jacqueline was eers aan die tydskrif SARIE verbonde en het later as vryskutskryfster vir verskeie tydskrifte, onder andere die LIG, Leef en ROOI ROSE geskryf.”

In 2013 het Jacqueline haar boek, “Op die Spore van Hoop”, uitgegee. Dit was ‘n samestelling van onderhoude wat sy vir tydskrifte gevoer het met verskeie interessante persoonlikhede, vanaf Helen Zille, Dana Snyman tot by Leon Schuster, Desmond Tutu en nog meer. “Met die opdrag om ‘n onderhoud met Chris Barnard vir ‘n tydskrif te voer, het ek baie snedige opmerkings van mense en kollega’s teenoor Chris Barnard gehoor, soos ‘arrogant, onbeleefd, rokjagter, en dies meer,” het Jacqueline gesê.

“Tydens die onderhoud tref ek egter ‘n man aan wat met groot berou wens dat daar geleenthede was om soveel dinge reg te stel wat hy in sy lewe verkeerd gedoen het.” Sy het ook na enkele ander voorbeelde van moeilike onderhoude verwys. Jacqueline sê dat sy telkens besef het dat dit nie groot dade is wat ‘n verskil maak in mense se lewens tydens krisisse nie, maar die klein gebaar van omgee, meelewing en sorg wat die lewe weer leefbaar maak wanneer dit voel of jou lewe gaan stilstaan het. “Die dames kon huis toe gaan met baie stof tot dankbaarheid en nadenke.....,” sê Elizma.

Vir navrae rakende hierdie op en wakker Bietoubossers se gesellige maandelikse byeenkomste, kan hulle voorsitter, Annette van Zyl by 028-384-1075 of 083-291-1829 geskakel word.

Hardus Botha

Foto: Vlnr is Julia Fourie en Jacqueline Levennink van Durbanville saam met Enna Lotz

Buurvrouens kuier by Bietoubossers

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant